Tuis

Só maak jy...

-

1 Inspekteer die muur:

Vryf met jou hand oor die muur en voel of daar enige los sementpart­ikels is. Indien wel, skrop die muur taamlik hard om dit te verwyder. Kap growwe klonte sement versigtig af met ’n boutroffel. 2 Meng 1 deel soutsuur met 10 dele water in ’n skoon emmer. Doop ’n spons daarin en was die muur liggies af. Dis ’n goeie voorbereid­ing wat die muur heeltemal skoon kry vir die beste resultate. Wag so ’n uur of twee dat die muur kan droog word.

3 Spoel die emmer goed uit met water en gooi sowat 2,5 kg wit sement in die emmer. Voeg dan water stelselmat­ig by en meng deurentyd met die boutroffel. Dit sal aanvanklik moeilik meng, maar elke bietjie water wat jy byvoeg, sal lei tot net die regte dikte – nie loperig nie, maar ook nie te styf nie.

4 Wend die sementmeng­sel met behulp van ’n spons oor die bakstene aan. Beweeg jou hand heen en weer van links na regs oor die oppervlak. Aangesien die wit sement taamlik gou droog word, is dit raadsaam om nie meer as 1 m² op ’n slag af te wit nie.

5 Tap ’n emmer skoon water en gebruik dan die spons om oortollige wit sement te verwyder (jy was dit as’t ware liggies af). Hoeveel jy verwyder, hang af van hoeveel van die baksteenkl­eur jy wil ontbloot.

6 Wanneer jy die hele muur afgewit het, moet dit omtrent twee dae kans kry om goed droog te word. Die volgende stap is nie ’n vereiste nie, maar wel nodig as dit ’n braai- of kombuismuu­r is wat maklik vlekke en merke kan opdoen: Seël die muur met ’n middel soos TFC Invisible Sealer, wat beskerming bied sonder om die muur se kleur te affekteer. Wend dit met ’n verfkwas aan; die muur sal redelik vinnig (binne 2 tot 3 uur) droog word ná aanwending.

 ??  ?? 6
6
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 5
5
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa