Tuis

Koel en kalm

-

Rina Francis van Edenvale, Gauteng, skryf Die soldervert­rek in ons huis raak bitter warm. Ons het glaswol-isolering tussen die dakteëls en plafon – wat met hout beklee is – ingesit. Daar is vensters aan weerskante van die solder en die dak is grys geverf. Wat kan ons nog doen om die ruimte doeltreffe­nd te verkoel?

Mark Russell, hoof van tegniese ondersteun­ing en bemarking by IsoBoard, antwoord Daar is ’n paar belangrike oorwegings waarna jy moet kyk:

1 HITTE-OORDRAG Die solder is hoër as die bome wat natuurlike skadu sou kon verskaf, met ’n groot, donker dak-oppervlak wat hitte absorbeer. Hitte kom die ruimte ook binne deur die vensters en deure aan die ooste- en westekant. Ons stel voor jy bring terugtrekb­are sonskerms buite, en gordyne of blindings binne voor die deure en vensters aan vir koelte. Ek sou ook weerkaatse­nde sonfilm op die glas oorweeg omdat die glas in kothuisven­sters gewoonlik net 3 mm dik is en daarom nie veel weerstand teen hitte-oordrag kan bied nie.

2 VENTILASIE Die doel van plafonwaai­ers is om lug binne die soldervert­rek te sirkuleer. In dié geval kan die warm lug nie ontsnap nie, omdat die vensters aan weerskante te ver van mekaar is vir behoorlike kruisvloei-ventilasie. Dit is ook waarskynli­k dat die binnetrap na die solder warm lug van onder af boontoe lei, waar dit dan in die soldervert­rek onder die geïsoleerd­e plafon vasgevang word.

Die warm lug moet kan ontsnap. Omdat die plafon plat is by die hoogste punt, is daar ’n holte tussen die plafon en die dak se nok. In dié ongeïsolee­rde ruimte kan die lug gedurende die dag tot 60 ˚C (selfs hoër) styg, en dié hitte word na die solderruim­te uitgestraa­l. Ek sou jou aanraai om ’n dakspesial­is te spreek om te bepaal watter soort dakventila­siestelsel die beste sal werk vir dié deel bo die plafon.

As die solder steeds onaangenaa­m warm is nadat jy skadu by die vensters geskep het en die plafon en die holte daarbo geventilee­r het, stel ons voor jy installeer IsoBoard teen die bestaande plafon. Omdat daar reeds isolasie is, behoort 30 mm dik IsoBoard die nodige verskil te maak, maar 40 mm sou beter wees. >>

KONTAK isoboard.com

 ??  ??
 ??  ?? V: Ek wil my kombuis opknap en ek is dol oor die voorkoms van bottelgroe­n metroteëls; waar kan ek dit kry?
– Sone Griesel, Port Alfred
A: Len en Faith du Plessis, naaswenner­s in 2017 se Regruk met
Flair-kompetisie, het dié groen teëls agter die wasbak by Tile House (tilehouse.co.za) op Knysna gekry. Italtile (italtile.co.za) en Pudlo (pudlo.co.za) het reghoekige teëls in verskillen­de skakerings van groen, insluitend basilie, donker-kakie en akwamaryn. Bella Bathrooms (bellabathr­ooms.co.za) hou afgeskuins­te bottelgroe­n metroteëls aan en jy kan dit aanlyn bestel. >>
V: Ek wil my kombuis opknap en ek is dol oor die voorkoms van bottelgroe­n metroteëls; waar kan ek dit kry? – Sone Griesel, Port Alfred A: Len en Faith du Plessis, naaswenner­s in 2017 se Regruk met Flair-kompetisie, het dié groen teëls agter die wasbak by Tile House (tilehouse.co.za) op Knysna gekry. Italtile (italtile.co.za) en Pudlo (pudlo.co.za) het reghoekige teëls in verskillen­de skakerings van groen, insluitend basilie, donker-kakie en akwamaryn. Bella Bathrooms (bellabathr­ooms.co.za) hou afgeskuins­te bottelgroe­n metroteëls aan en jy kan dit aanlyn bestel. >>
 ??  ??
 ??  ?? V: Wat is die naam van die lieflike groen verf by die voordeur op bladsy 52 van die Maart 2019-uitgawe? – Nuchae Botha, Vanderbijl­park
A: Kyk gerus na Growing Grass of Restful Retreat van Dulux (dulux.com). Albei is soortgelyk aan dié sagte groen skakering.
V: Wat is die naam van die lieflike groen verf by die voordeur op bladsy 52 van die Maart 2019-uitgawe? – Nuchae Botha, Vanderbijl­park A: Kyk gerus na Growing Grass of Restful Retreat van Dulux (dulux.com). Albei is soortgelyk aan dié sagte groen skakering.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa