Tuis

Gifmelkbos (Euphorbia mauritanic­a)

-

Die Euphorbia-familie is groot en divers, en sluit bekendes soos Euphorbia tirucalli ‘Firesticks’ en Christusdo­ring (Euphorbia milii) in. ’n Minder bekende familielid wat ’n baie aantreklik­e tuinplant maak, is die gifmelkbos (Euphorbia mauritanic­a). Dit kom hoofsaakli­k in die Noord-Kaap voor en groei tot 1 m hoog. Dis ’n aksentplan­t met dun, silindries­e stele wat van Augustus tot Oktober geel blomme op die punte dra. Die tros dun stele staan uit teen omringende plante en wieg in die wind, wat beweging aan ’n bedding gee.

Kweek dit só Te veel water is omtrent die enigste manier om dié plant dood te maak.

Dit groei in volson, middagson of oggendskad­u. Dit verdra swak grond mits dit goed dreineer, dis droogtebes­tand en kan lae temperatur­e trotseer. Gee water in matige hoeveelhed­e en laat die grond uitdroog voor jy weer natmaak.

Gebruike in die tuin Die gifmelkbos groei vinnig en is ’n nuttige aksentplan­t, veral in klein tuine, tussen ander vetplante, langs droogtebes­tande loof en blomplante, in rotstuine en in houers. Die geel blomme lok bye en skoenlappe­rs.

Het jy geweet? Die botaniese naam kom van die vroeë oortuiging dat die plant in antieke Mauritanië in Noordwes-Afrika ontstaan het. Plante is in die 18de eeu Europa toe geneem en daar geplant.

Versigtig! Euphorbia mauritanic­a stel ’n melkerige sap vry as dit gesny word. Dit irriteer die oë en vel en is giftig as dit in groot hoeveelhed­e ingeneem word. Dra handskoene en beskerm jou oë wanneer jy die plant sny.

KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa