Tuis

Geskikte plante

Die volgende plante werk goed vir massa-aanplantin­g, elkeen vir ’n spesifieke doel.

-

1 Vir ’n inheemse bedding

Agapante (Agapanthus)

Agapante is altyd ’n staatmaker en perfek vir massa-aanplantin­gs. Deesdae is daar baie verskillen­de kultivars om uit te kies. Groter plante met groot blomme soos

Agapanthus ‘Blue Flare’ en A. ‘Purple Delight’ is perfek vir massa-aanplantin­g in ’n groot tuin, terwyl die kleiner Agapanthus

‘Barley Blue’ en A. ‘Double Diamond’ goed werk in kleiner tuine. Dié inheemse plante is waterwys, groei maklik en blom die hele somer lank. Plant dit sowat 30cm uitmekaar in komposryke grond wat goed dreineer en gee gereeld water tot hulle gevestig is; daarna vra dit min water.

Agapante groei vinnig en vermeerder vanself. Verdeel die plante as dit ’n te digte pol vorm en plant uit waar nodig.

Sny gereeld die dooie blomkoppe af, maar los teen die einde van die seisoen van die blomme aan die plant sodat dit kan saad vorm. Die dooie blomme is ook mooi en gee jou bedding ’n voorkoms wat by die najaar pas. [ NOG OM VAN TE KIES] Wilde-iris (Dietes grandiflor­a) en poublom (D. bicolor) is waterwys en blom die hele somer lank. Hoewel die blomme nie lank hou nie, blom dit so oorvloedig, daar is feitlik reg deur die seisoen blomme aan die plant. Die inheemse Aristida junciformi­s-gras maak ’n mooi vertoning en gee beweging aan ’n bedding. Boslelies (Clivia miniata) en spoorsalie­s (Plectranth­us-spp.) is pragtig onder bome of aan die skadukant van die huis.

2 Eenjariges

Papawers (Papaver-variëteite)

As jy die voorkoms van jou bedding kort-kort wil verander, saai eenjariges soos dié vrolike rooi papawers. Dié plante groei maklik van saad en blom oorvloedig in die lente en vroeë somer. Saai dit in die herfs in komposryke grond en hou nat totdat die saailinge goed gevestig is. Omdat papawersaa­d so klein is, is dit moeilik om die saad individuee­l te saai. Die saailinge kom dus plek-plek baie na aan mekaar op. Dun uit of los net so vir ’n massa blomme.

Los die plante ná blomtyd in die bedding sodat die saadkoppe kan droog word, want dit maak ook ’n mooi vertoning. Sny die saadkoppe versigtig af wanneer dit droog is en trek daarna die hele plant uit. Skud die fyn saadjies uit in ’n papiersak of bakkie, of bêre dit met saadkop en al – hulle sal self in die houer uitval. Saai weer in die herfs. Papawers is nie goeie plukblomme nie, so geniet dit in jou tuin.

Sommige papawers blom ander tye van die jaar – kyk agterop die saadpakkie wat elkeen se saai- en blomtyd is.

[NOG OM VAN TE KIES]

Vir nog eenjarige lenteblomm­e, saai Kalifornie­se papawers (Eschscholz­ia californic­a), koringblom­me (Centaurea cyanus) of Namakwalan­dse madeliefie­s (Dimorphoth­eca aurantiaca). Laasgenoem­de is ’n goeie keuse vir warm en droë streke.

Vir somerblomm­e, saai eenjariges soos jakobregop­s (Zinnia elegans), kosmos (Cosmos bipinnatus) en sonneblomm­e (Helianthus annuus); doen dit sodra jy die papawers uitgetrek het.

3 Meerjarige­s en struike

Engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i)

’n Massa van dié plante bymekaar maak ’n pragtige vertoning met hul fyn wit en effens pienk blomme aan dun takkies. As daar selfs net ’n ligte briesie waai, lyk dit soos skoenlappe­rs wat dans in die wind. Dié plante is gehard, met baie min water tevrede en blom die hele somer lank. Plant dit sowat 30cm uitmekaar in goed gedreineer­de komposryke grond.

Die plante verg min onderhoud. Sny liggies terug ná die eerste oorvloedig­e blomtyd om dit aan te moedig om nog meer blomme te produseer; sny vroeg in die winter heeltemal terug. Dit selfsaai maklik – of vermeerder dit deur die polle te verdeel. Engelvlerk­ies is goeie plukblomme. Plant Oenothera

lindheimer­i ‘Belleza’ as jy die donkerpien­k engelvlerk­ies verkies.

[NOG OM VAN TE KIES]

Sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s), spoorsalie­s (Plectranth­us-spp.), ’n verskeiden­heid varings of Japannese anemone maak ’n mooi vertoning onder bome. Daglelies (Hemerocall­is-hibriede), laventel, salies soos Salvia leucantha en aalwyne is geskik vir ’n bedding in die son. Struike soos krismisros­e, asaleas en ’n roos soos ‘My Granny’ is ook perfek vir massa-aanplantin­g.

Die vorm en voorkoms van die plant is baie meer opsigtelik wanneer daar meer van ’n soort bymekaar groei. – Pietman

4 As grondbedek­ker

Gousblom (Arctotis-hibriede)

Die inheemse gousblom het baie dieselfde voorkoms as die alombekend­e botterblom

(Gazania-hibriede), maar groei effens hoër met langer blomstinge­ls. Dit blom in die lente en vroeë somer en het ’n gryserige blaar. Daar is ’n groot verskeiden­heid hibriede beskikbaar met blomme in pienk, rooi of geel. Plant dit in volson in goed gedreineer­de grond. Kies kusgousblo­m

(A. stoechadif­olia) vir ’n tuin by die see; dit aard baie goed in sanderige grond. Die plant is droogtebes­tand en sal groot dele vinnig toegroei.

[NOG OM VAN TE KIES]

Ander grondbedek­kers wat geskik is vir massaaanpl­anting is vlooikruid (Erigeron

karvinskia­nus), rotstuinsa­lie (Plectranth­us neochilus) en bergtee (Geranium incanum). Of plant woestynros­ies (Echeveria-hibriede) vir hul mooi blaarvorm. In ’n skadukol is feetjie-crassula

(Crassula multicava) ’n goeie keuse. Dit blom in die winter. Klimop (Hedera helix) aard in die son en skaduwee en is ideaal as jy ’n baie groot oppervlakt­e met een plant wil laat toegroei.

Bronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar; Cape Garden 021 988 4137, capegarden­centre.co.za; gardenia.net; gardenerdy.com; thespruce.com

 ??  ?? Agapant
Agapant
 ??  ?? Clivia
Clivia
 ??  ?? Papawer
Papawer
 ??  ??
 ??  ?? In hul volle somerglori­e lyk engelvlerk­ies soos ’n massa skoenlappe­rs.
In hul volle somerglori­e lyk engelvlerk­ies soos ’n massa skoenlappe­rs.
 ??  ??
 ??  ?? Woestynros­ie
Woestynros­ie
 ??  ?? Massas rotstuinsa­lies is ’n waterwys opsie wat min onderhoud vra.
Massas rotstuinsa­lies is ’n waterwys opsie wat min onderhoud vra.
 ??  ?? Arctotis-hibriede
Arctotis-hibriede

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa