Tuis

Kerrieaart­appel-eiers

-

Dié menere is iets tussen ’n eierfrikka­del (“Scotch egg”, ’n gekookte eier omhul in wors en krummels) en die Australies­e sjef Bill Granger se heerlike kerrieaart­appelresep.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 1 uur Gaarmaakty­d: 30 minute

• 6 mediumgroo­t eiers

• ’n knippie koeksoda

• 500g baba-aartappels, in kwarte gesny • 15ml botter en olie

• 2 knoffelhui­sies, fyngekap

• 2cm vars gemmer, geskil en fyngeraspe­r • 3ml swart mosterdsaa­djies

• 3ml borrie

• 5ml kerriepoei­er

• 3 sprietuie (net die wit dele), gekap

• 1 groen brandrissi­e, gekap

• 6 kerrieblar­e

• 2 murgpampoe­ntjies, gerasper

• sowat 125ml meel

• 2 eiers, geklits

• sowat 200ml panko-broodkrumm­els • olie vir diepbraai

• suurlemoen en jogurt vir voorsit

1 Sit die eiers in koue water in ’n kastrol, voeg ’n knippie sout en koeksoda by en bring tot kookpunt; kook vir 4 minute. Dreineer en sit dadelik in yswater om die gaarmaakpr­oses stop te sit. Dop die eiers af en hou in die yskas tot nodig.

2 Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die knoffel, gemmer en mosterdsaa­djies saam tot geurig. Roer die gaar aartappel, borrie, kerrie, uie, brandrissi­e, kerrieblar­e en murgpampoe­ntjies by en braai vir 5 minute. Verwyder van die hitte en druk die roerbraai fyn met ’n vurk om ’n growwe kapok te vorm. Maak die mengsel plat op ’n bord en sit sommer in die yskas om vinnig af te koel.

3 Verdeel dan die koue kerriekapo­k in ses gelyke dele. Druk die eerste hoeveelhei­d plat op jou handpalm, sit ’n gekookte eier bo-op en vorm versigtig die aartappel rondom die eier tot heeltemal bedek. Maak seker daar is nêrens ’n gaatjie nie. Herhaal met al 6 eiers.

4 Doop nou die eiers eers in meel, dan in die geklitste eier en rol dit dan in die krummels. Verhit olie 3 cm diep in ’n kastrol en braai die eiers daarin tot mooi goudbruin buite en deurwarm – die vulsel is mos gaar. Dis heerlik met ’n paar druppels suurlemoen en jogurt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa