Tuis

Tiramisume­ringue-roulade

-

Hierdie glutenvrye koek is ideaal as jy iemand wil bederf wat nie meel eet nie.

Maak 1 roulade Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 30 minute Oondtemper­atuur: 170°C

• 60ml grondboont­jiestukkie­s

• 5 groot eierwitte

• ’n knippie kremetart

• ’n knippie sout

• 5ml kitskoffie of vanieljege­ursel

• 210g (250ml) strooisuik­er

• kakao of donkersjok­olade as versiering VULSEL

• 5 eiergele

• 30ml strooisuik­er

• 30ml brandewyn

• 1 houer mascarpone of volvet-roomkaas

1 Voorverhit die oond. Voer ’n reghoekige bakplaat (23 x 30 cm) uit met bakpapier en strooi die neute in ’n laag oor die papier op die bodem van die plaat.

2 Sit die eierwitte in ’n skoon metaal-, glas- of keramiekme­ngbak, voeg die kremetart en sout by en klits tot die eier stywe punte vorm wanneer jy die klitser oplig. Roer die koffie by die suiker en klits dit lepel vir lepel by die eierwitte totdat die meringue blink en styf is.

3 Skep lepels vol van die meringue op die neute in die voorbereid­e plaat en smeer versigtig om ’n egalige laag bo-op die neute te vorm. Bak nou vir sowat 20 minute of tot ferm. Laat vir 10 minute afkoel.

4 Maak ’n dubbelkoke­r: Giet kookwater

2 cm diep in ’n klein kastrol en sit ’n glas- of metaalmeng­bak bo-op. Maak seker die bak pas netjies in die kastrol en maak die hele opening toe sonder dat die bodem aan die water raak. Sit nou solank die water op die stoof. Haal die mengbak af en klits die eiergele, strooisuik­er en brandewyn saam daarin met ’n elektriese klitser totdat dit begin dik word. Plaas nou die mengbak bo-oor die kookwater (hou ’n vatlap byderhand; die bak gaan warm word) en klits 8 minute lank tot baie dik en gaar. Verwyder die mengbak van die hitte, sit dit in yswater en klits tot koud. Klits die mascarpone (in ’n aparte mengbak) tot glad en meng dit by die gaar eiermengse­l om die tiramisu-vulsel te maak.

5 Smeer die vulsel oor die gebakte meringue en sit in die ys- of vrieskas totdat die mascarpone-laag gestol is. Rol nou die meringue met die vulsel versigtig op met behulp van die bakpapier sodat die neute aan die buitekant is, en plaas dit met die naatkant na onder op ’n mooi bord.

Versier met gesifte kakao of gerasperde donkersjok­olade en sit voor in dik skywe. Bêre in die yskas.

[BANOFFIE-VARIASIE]

Vir ’n makliker banoffievu­lsel, klits 160g gesmelte donkersjok­olade, 125ml room en 125 ml karamel saam en smeer dit oor die meringue. Pak nou ’n lagie dungesnyde

piesang bo-op die karamellaa­g en rol die koek op soos hierbo met die neute aan die buitekant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa