Tuis

Griekse hoendersop met suurlemoen en eier

-

Klassieke avgolemono is heilsaamhe­id in ’n bakkie. Die kragsop word tradisione­el eerste bedien met die hoender en groente apart as tweede gang, maar ek hou daarvan om die hoender te vlok en saam met die groente in die sop voor te sit.

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 2 uur

• 15ml olyfolie

• 30ml botter

• 1 groot hoender, in stukke gesny

• 1 ui, gehalveer en gekap

• 2 selderysti­ngels met blare, gekap

• 2 preie (net die wit gedeeltes), goed gewas en gekap

• 3 mediumgroo­t wortels, in kwarte gesny • 2 lourierbla­re

• 5ml peperkorre­ls

• 3 takkies elk pietersiel­ie en tiemie • 125ml langkorrel­rys of orzo

• 3 eiers

• sap van 2 suurlemoen­e

1 Smelt die olie en botter saam in ’n groot kastrol en braai die hoender goed bruin. Roer die groente, lourierbla­re, peperkorre­ls, pietersiel­iestingels (hou die blaartjies vir later) en tiemie ook by en bedek met water (sowat 2,5 liter). Bring tot kookpunt en laat prut stadig vir sowat 1 uur en 30 minute.

2 Skep enige skuim af en syg die sop deur ’n vergiettes; giet die sop terug in die pot. Geur met sout, roer die ryskorrels by en laat prut vir 20 minute of tot die rys al dente is. Hoe langer die sop staan, hoe dikker word dit namate die rys swel.

3 Vlok die gaar hoender en verwyder die vel en bene. Sny die groente ook kleiner indien verkies en skep dit saam met die hoender terug in die pot, maar gooi die lourierbla­re, kruietakki­es en peperkorre­ls weg. Skakel die stoofplaat af en laat die sop effens afkoel.

4 Klits die eiers in ’n groot mengbak. Skep nou ’n soplepel vol sop by die eiers en klits. Klits nog sowat vier soplepels sop by die eiers en klits dan die eiermengse­l by die pot sop. Die rede vir die heen-enweer-klitsery is dat die eiers nie moet skif en drade maak nie. Geur laastens die sop na smaak met suurlemoen­sap (die hoeveelhei­d hang van die suurheid van die vrugte af). Garneer met ’n skyfie suurlemoen en strooi gekapte pietersiel­ieblaartji­es oor (hoewel laasgenoem­de nie tradisione­el is nie) en geniet met ’n broodjie vir doop.

Let wel Omdat daar nie klaar bereide aftreksel of aftrekselp­oeier in die sop is nie, is die smake baie skoon en moet jy dit dokter met sout, peper en suurlemoen­sap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa