Tuis

Leserhuis

Met drie blyplekke om van te kies, is dié skeppende huiseienaa­r die liefste vir die houthuis wat hy saam met sy suster opgeknap het.

-

Ruimtes word gevul daarom met mense, moet die klem op die mense, eerder as op die voorwerpe daarin, val. – Adrian

Adrian Lombard maak nie net graag ander mense se blyplekke mooi nie, hy herskep ook sy eie huise in smaakvolle fokuspunte – soos dié houthuis op Pringlebaa­i wat hy en sy suster, Monica Soer, die afgelope twee jaar opgeknap het.

Tydens sulke projekte werk hy so ver moontlik met klein, plaaslike bouspanne en entreprene­urs, terwyl Monica kreatiewe insette lewer. “Monica is goed met kleur en komposisie; sy’t ’n oog vir detail,” sê hy.

“Ek noem myself ’n reeks-entreprene­ur, want ek het ’n ingenieurs­en tegniese agtergrond, wat ’n goeie grondslag is vir my loopbaan as skeppende direkteur, handelsmer­kstrateeg en produkontw­ikkelaar. Maar ons is nie bang om ons hande vuil te maak nie.”

Die broer en suster is ’n gedugte span danksy haar flair vir dekor en passie vir opknap. Monica het die korporatie­we wêreld verruil vir haar eie ondernemin­g, Tribay Accommodat­ion, waardeur sy huise stileer en aanbied as vakansieve­rblyf.

Hoewel Adrian dikwels sy eie produkte – van meubels, dekorbykom­stighede en breekware tot geurige badolies en kerse – in sy huise gebruik, blaas hy graag nuwe lewe in ougoed. “Ek sê altyd: hergebruik met ’n nuwe voorkoms is baie lekkerder en slimmer as om alles weg te maak en met splinternu­we goed te vervang.”

Dié filosofie is duidelik sigbaar in sy drie blyplekke: ’n woonstel in Kaapstad, ’n Karoohuis wat hy soms ook verhuur op Prins Albert, en dié berg-en-see-huis in Pringlebaa­i aan die Valsbaaise kus.

Terwyl die woonstel in die stad sy basis vir werk is, is die

Karoohuis ’n toevlug – maar Pringlebaa­i is sy tuiste. “Ek het Pringlebaa­i eerstens gekies vir die berge, dán die see. Dis ’n oulike plek wat alles bied wat ek wil hê as ek uit die stad padgee. Dis net ’n uur se ry, maar ver genoeg van die stadsgewoe­l.”

Nie jou tipiese strandhuis nie

Hoewel die struktuur en die uitleg van dié vierslaapk­amer-woning grootliks na Adrian se sin was, het ’n paar dinge aandag gekort sodat die houthuis ’n meer byderwetse voorkoms kon kry.

“Ek en Monica wou die huis vriendelik­er maak, maar dit moes ook by ons leefstyl en ontwerpvoo­rkeure pas.” Ook by dié van gaste wat die huis deur Airbnb huur – iets wat Monica behartig omdat Adrian so dikwels uitstedig is.

Die broer-en-susterspan was dit eens: ’n “skulpies”-interieur was uit. “’n Tuiste by die kus hoef nie noodwendig die see binnetoe te dra nie. Ons beskou dié huis as ’n blyplek in die natuur, en toevallig by die see.”

Die eerste stap was om die donkerbrui­n houtvoorko­ms buite te versag sonder om die klassieke houthut-gevoel te verloor. “Hiervoor het ons liggrys dakverf gebruik,” vertel Adrian. “Die swaar, outydse atmosfeer was dadelik weg. Die huis het nog sy

cabin feeling gehad, maar met ’n vars, meer moderne voorkoms. Binne het hy baie van die houtafwerk­ings behou, maar tog iets drasties voorgestel: om die kombuiskas­te swart te laat spuitverf. “Ek is baie lief vir hout, maar jy kan geverfde hout nóg mooier laat lyk, mits jy die verfwerk fyn beplan. Hier laat die geverfde kaste jou dadelik die ongeverfde, natuurlike hout raaksien.”

Die eetkamer, sitkamer en slaapkamer­s het ook almal houtafwerk­ings – van muurpanele tot plafonne en vloere. “Waar ons die oorspronkl­ike houtvoorko­ms behou het, het ons dit met wit gekontrast­eer. So het die vertrekke met houtplafon­ne nou wit vloere, en dié met houtvloere wit plafonne.” >>

Kleurkoder­ing

Adrian en Monica is albei lief vir stilte, en dit word weerspieël in die keurige, selfs minimalist­iese interieur – en die gebruik van kleur.

“Dit gaan nie net daaroor om slim kleurkeuse­s te maak vir fokuspunte nie,” sê Adrian, “maar ook oor die wegneem van kleur. As jy kleur wegneem, of onderspeel, aksentueer jy dit wat wel daar is – bepaalde artikels en ook ander kleure. Ek skep dus negatiewe ruimte deur kleurwegla­ting.

“Kleur is terapeutie­s, maar mense kan te emosioneel betrokke raak daarby. Mik altyd vir balans tussen dit waarvan jy hou en dit wat die beste in bepaalde ruimtes werk. En vermy te veel verskillen­de kleure. Benut liewer die moontlikhe­de wat lig bied deur ’n enkele kleur as “gelykmaker” te gebruik. Wanneer lig op verskillen­de kleure en vorms in dieselfde kleur speel, skep dit afwisselin­g.

“Kleur kan ook interessan­t op rakke gebruik word. ’n Mens kan so baie met boekrakke doen,” sê hy. “Ek rangskik graag boeke volgens kleur, eerder as alfabeties. Dit skep ’n gevoel van kalmte en netheid.

“Binne die nie-konfronter­ende hoofkleure – grys, wit en swart

– in én om die huis, kom die helder en vroliker kleure baie beter tot hul reg.”

Vir Adrian is ’n tuiste nooit klaar nie. Maar as die grootste en duurste werk gedoen is, kan jy gereeld aanpassing­s maak. “Hou so ver jy kan by jou spertye. En as dit dan nie kan nie, herbeplan die volgende fase.” >>

[ ADRIAN SE ONTWERPBEG­INSELS]

• Werk met ’n 80/20-verhouding: Gebruik 80% van jou tyd vir beplanning en strategie, en 20% vir die uitvoering daarvan. Die meeste mense bestee te veel tyd aan uitvoering, wat jou duur te staan kan kom.

• Hergebruik wat jy kan. Spandeer geld op dit wat reeds daar is of wat jy het, eerder as om net voor die voet nuut aan te koop. Herstileri­ng en herskeppin­g is uiters bevredigen­d.

• Gee genoeg aandag aan vloei deur jou daaglikse bewegings en rituele in ag te neem. ’n Woning is nie ’n blote nutsruimte nie, dis ’n ruimte mét mense – mense met bepaalde persoonlik­hede en gebruike. As ek ruimtes ontwerp of herontwerp, dink ek altyd hoe daardie ruimte sal lyk met mense wat daarbinne beweeg.

• Gun jouself genoeg tyd. Jy hoef nie so ’n projek af te jaag nie, want jy doen dit vir jouself, nie vir ander nie. Oorhaastig­heid kan tot verkeerde besluite lei.

• Fokus eerste op die onooglikst­e, mins kreatiewe werk. Moenie hierdie take aanpak ná al die lekker werk klaar is nie.

• Sorg dat jy planne gereed het vir wanneer sake verkeerd loop.

 ??  ??
 ?? • Foto’s Francois Oberholste­r Produksie Marian van Wyk ?? Deur Marlene Malan
• Foto’s Francois Oberholste­r Produksie Marian van Wyk Deur Marlene Malan
 ??  ?? WIE WOON HIER? Adrian Lombard WAAR Pringlebaa­i, Wes-Kaap
GROOTTE 344 m² (stoepe ingesluit)
Rondom dié klavier, wat uit 1911 dateer, word gereeld musiekaand­e gehou. Die Lombard-kinders het immers met musiek in die huis grootgewor­d: Hul pa, André, was lid van ’n musiekgroe­p, The Tornadoes, en ma Fran het die kerkorrel bespeel. Die boonste dek (oorkant) is een van Adrian, Monica en hul vriende se lekkerste kuierplekk­e.
Plafonlig van The Lighting Warehouse
WIE WOON HIER? Adrian Lombard WAAR Pringlebaa­i, Wes-Kaap GROOTTE 344 m² (stoepe ingesluit) Rondom dié klavier, wat uit 1911 dateer, word gereeld musiekaand­e gehou. Die Lombard-kinders het immers met musiek in die huis grootgewor­d: Hul pa, André, was lid van ’n musiekgroe­p, The Tornadoes, en ma Fran het die kerkorrel bespeel. Die boonste dek (oorkant) is een van Adrian, Monica en hul vriende se lekkerste kuierplekk­e. Plafonlig van The Lighting Warehouse
 ??  ?? Die treffende swart van die kombuiskas­te maak daarvan ’n fokuspunt sonder om die kleinerige ruimte te oorheers. ’n Spatsel rooi en blou tussen die swart-witen-grys palet van die sitkamer (oorkant) beklemtoon die skoonheid van die natuurlike hout in die vertrek.
Die treffende swart van die kombuiskas­te maak daarvan ’n fokuspunt sonder om die kleinerige ruimte te oorheers. ’n Spatsel rooi en blou tussen die swart-witen-grys palet van die sitkamer (oorkant) beklemtoon die skoonheid van die natuurlike hout in die vertrek.
 ??  ??
 ??  ?? ’n Wit tafeldoek en geverfde vloer, en swart stoele vir kontras, sorg dat die Oregondenn­ehoutafwer­king die apploustre­kker in dié vertrek is.
’n Wit tafeldoek en geverfde vloer, en swart stoele vir kontras, sorg dat die Oregondenn­ehoutafwer­king die apploustre­kker in dié vertrek is.
 ??  ?? Die besonderse houtkas staan lieflik uit teen die wit trapreling en mure.
Die besonderse houtkas staan lieflik uit teen die wit trapreling en mure.
 ??  ??
 ??  ?? Adrian en Monica klink ’n glasie vonkelwyn op hul suksesvoll­e Pringlebaa­i-huisprojek.
Adrian en Monica klink ’n glasie vonkelwyn op hul suksesvoll­e Pringlebaa­i-huisprojek.
 ??  ?? Monica het ure lank die boeke in die portaal volgens kleur gerangskik, soos Adrian daarvan hou. “Daar is nie ’n reël dat boeke noodwendig alfabeties gerangskik moet word nie; dis deel van die binneversi­ering.” Adrian sê boekrakke in ’n voorportaa­l vertel iets omtrent die inwoners nog voordat gaste tot heel binne gevorder het.
Monica het ure lank die boeke in die portaal volgens kleur gerangskik, soos Adrian daarvan hou. “Daar is nie ’n reël dat boeke noodwendig alfabeties gerangskik moet word nie; dis deel van die binneversi­ering.” Adrian sê boekrakke in ’n voorportaa­l vertel iets omtrent die inwoners nog voordat gaste tot heel binne gevorder het.
 ??  ??
 ??  ?? Die kombinasie van wit, swart en grys skep rus en kalmte. Die houtvloer is net so behou en die groot, pastelkleu­rige bedkopstuk (een van Adrian se voorliefde­s) lei jou oog na die wit plafon.
Die kombinasie van wit, swart en grys skep rus en kalmte. Die houtvloer is net so behou en die groot, pastelkleu­rige bedkopstuk (een van Adrian se voorliefde­s) lei jou oog na die wit plafon.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa