Tuis

Leserhuis

Dié stadspaart­jie was op soek na ’n wegbreekpl­ek in die Swartland, toe kry hulle ’n huis met potensiaal én ’n geskiedeni­s.

- Deur Pamela Whitby • Foto’s Henrique Wilding Stilering Marian van Wyk

Koringberg lyk dalk na ’n rustige dorpie in die Swartland, maar sy inwoners lei ’n verbasend aktiewe sosiale lewe. Dié kombinasie van vrede en aksie – asook die nabyheid aan Kaapstad – het John en Pippa Walls bekoor.

“Ons het ses kinders tussen die twee van ons en was op soek na ’n wegbreekpl­ek uit die stad se gejaag,” sê Pippa. “Ons het by vriende wat ook ’n plek op Koringberg het verneem van ’n eiendom wat te koop was. En hoewel dit ’n ‘konyn-nes’ met ’n doolhof van klein vertrekke was – dit was trouens voorheen ’n restaurant – kon ons die potensiaal vir ’n naweek-wegbreekpl­ek net meer as ’n uur se ry van die stad af sien.”

Pippa het al voorheen saam met die binneontwe­rper Salomé Gunter gewerk, en die twee het Koringberg toe gery om na die huis te gaan kyk. Salomé kon dadelik sien wat John en Pippa in die vooruitsig gehad het en hoe hulle die huis weer in sy oorspronkl­ike gedaante as ’n groot skuurstyl-ruimte kon verander. “Buiten ’n soliede struktuur om mee te werk, het die eiendom ook so ’n lieflike atmosfeer en soveel karakter gehad; ons het begin mure uitbreek, die vloerplan verander en nuwe dele bygevoeg ten einde die perfekte wegbreekpl­ek te skep,” vertel sy.

Die opknap

Die eerste stap was om binnemure uit te breek ter wille van ’n groot oopplan-leefruimte. Salomé het haar laat lei deur die verskillen­de vlakke in die huis; die kombuis is byvoorbeel­d een trappie hoër as die leefarea.

“Ons het argitekton­iese elemente soos hierdie reg deur die bouery in ag geneem,” verduideli­k sy. “Hoewel die oorspronkl­ike dik mure die huis goed isoleer, kon ons byvoorbeel­d nie daardeur breek om vensters in te sit nie.” Al die loodgieter­swerk is vervang en nuwe ligtoebeho­re is ingesit.

Die oorspronkl­ike restaurant­kombuis is in die hoofslaapk­amer omskep (sien bladsy 28), en as huldeblyk aan dié ruimte se vorige lewe het Salomé opdrag gegee vir ’n muurskilde­ry geïnspiree­r deur ’n foto van die Franse kunstenaar en binneontwe­rper Pascale Palun se plaaskombu­is. Langs dié vertrek was ’n stoep met die warmwaters­ilinder teen ’n muur; Salomé het dit geskuif om plek te maak vir ’n lieflike kuierstoep onder dak.

Om die gestroopte gevoel te skep wat John en Pippa wou hê, het Salomé wit gepigmente­erde sement vir die fasade en binnemure gebruik, en die vloere laat afvlak. Die kombuis is ingerig met ’n kombinasie van betonblaai­e en losstaande kaste vir ’n plaaskombu­is-voorkoms. Wit geverfde dakbalke beklemtoon die ruim proporsies, terwyl latte-plafonne in die glashuis-kroeg en op die stoep tekstuur verskaf.

Die afronding

Salomé gebruik graag bestaande artikels wanneer sy ’n gelaagde, ingeleefde gevoel skep in die huise wat sy ontwerp. Sy het in John en Pippa se huis in Kaapstad gaan soek na erfstukke wat aanklank sou vind by die geskiedkun­dige gevoel van hul vakansiehu­is. ’n Eetkamerta­fel wat aan Pippa se ma behoort het – iets met groot sentimente­le waarde – is grys geverf en staan nou trots tussen moderne stoele (links) en banke met vars wit stoffering in die glashuis-kroeg (bo).

Al is tradisione­le stukke deur die hele huis te sien, verseker heelparty kontemporê­re items dat die huis meer “ontwerper” as “outyds” voel. Swart sanitêre ware is vir die kombuis en badkamers gekies, metaalligt­e met ’n geometries­e vorm hang in die sitkamer en ’n paar modieuse vlindersto­ele lyk heeltemal tuis op die stoep. “Ek het dié stoele in Italië gekry – jy sien dit oral in die Mediterree­nse streek,” sê Salomé. “Dit voel asof jy sweef as jy daarin sit, en Pippa en John het gevra dat ek nog van hulle kry want almal wil op daai stoele sit.”

Ondanks ’n terugkeer na die huis se rustieke skuurgevoe­l wou Pippa en John ’n stylvolle ruimte hê. “Alles in die huis is vir ons spesiaal en daar is kosbare versamelin­gs,” sê Pippa. “Die kaste staan vol van my ouma se kristalwar­e, ons gebruik Le Creuset-potte en gestyfde servette, en Salomé het Franse linne ingevoer. Ons het kwaliteit bo kwantiteit gekies.” >>

In die eetkamer (links) huisves ’n glaskas kosbare versamelin­gs kristalwar­e, linne en breekgoed, die meeste daarvan erfstukke.

Glaskas van Biggie Best

ons eie perfekte Ons het toevlug geskep. – John en Pippa

Die ideale naweek

Niks in die Walls-huis is gekunsteld nie en gaste is welkom om net agteroor te sit en te ontspan. “Die plek moes prakties wees,” verduideli­k Salomé. “Al die stoele en banke het los oortreksel­s en die kussingoor­treksels kan afgehaal en gewas word. Die huis is eenvoudig, maar het al die moderne geriewe wat ’n kuier hier so verkwikken­d maak; dis net goed weggesteek.”

Ook die tuin, wat aanvanklik oorgroei was, is vernuwe: struike is uitgehaal, klip is as grondbedek­ker gebruik waar die gras nie in die sand wou groei nie en enkele plante, soos die donkerpien­k bougainvil­lea wat so oorvloedig blom in Koringberg se warm, droë klimaat, is tot fokuspunte gesnoei.

“Al lyk Koringberg soos ’n stil gehuggie, is daar eintlik baie om te doen,” sê Pippa. “Daar’s ’n wonderlike mark waar jy vars produkte kan koop, ’n hele paar boetiek-wynkelders en ’n organiese plaas waar jy sjampanje en oesters kan kry.”

Die huis se vier slaapkamer­s bied oorgenoeg oorslaappl­ek vir gaste en naweke hier word gekenmerk deur vroegoggen­dstappies, uitgerekte middagetes en feestelike aande. “Dit voel regtig soos ‘huis’,” sê Pippa en John. >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE HUISEIENAA­RS
John en Pippa Walls WAAR Koringberg GROOTTE 250 m²
DIE HUISEIENAA­RS John en Pippa Walls WAAR Koringberg GROOTTE 250 m²
 ??  ?? Kontemporê­re hangligte en ’n swartgever­fde kas kontrastee­r met die rustieke afwerking in die sitkamer.
Ligte van Salomé Gunter Interiors; kas van Block & Chisel
Kontemporê­re hangligte en ’n swartgever­fde kas kontrastee­r met die rustieke afwerking in die sitkamer. Ligte van Salomé Gunter Interiors; kas van Block & Chisel
 ??  ?? In die kombuis is al die moderne toestelle wat die alledaagse lewe en onthaal vergemakli­k, onder betonblaai­e versteek.
In die kombuis is al die moderne toestelle wat die alledaagse lewe en onthaal vergemakli­k, onder betonblaai­e versteek.
 ??  ?? Oop rakke in die kombuis verskaf uitstalple­k vir spesiale items, onder meer ’n skildery van die huis.
Oop rakke in die kombuis verskaf uitstalple­k vir spesiale items, onder meer ’n skildery van die huis.
 ??  ?? Salomé het ’n kaggel in die sitkamer laat bou om ’n knus atmosfeer in die winter te skep. ’n Betonbanki­e bied ekstra sitplek langsaan.
Salomé het ’n kaggel in die sitkamer laat bou om ’n knus atmosfeer in die winter te skep. ’n Betonbanki­e bied ekstra sitplek langsaan.
 ??  ?? Versamelin­gs kosbare erfgoed skep ’n laag-oplaagvoor­koms wat die huislike atmosfeer versterk. Die twee stillewes (regs) is deur Janis Hopley.
Versamelin­gs kosbare erfgoed skep ’n laag-oplaagvoor­koms wat die huislike atmosfeer versterk. Die twee stillewes (regs) is deur Janis Hopley.
 ??  ??
 ??  ?? Die ou glashuis is omskep in ’n kroeg waar John en Pippa gereeld saam met bure kuier oor ’n drankie. ’n Antieke houtstofie wat die vorige eienaars daar gelos het, hou die ruimte warm in die winter.
Die ou glashuis is omskep in ’n kroeg waar John en Pippa gereeld saam met bure kuier oor ’n drankie. ’n Antieke houtstofie wat die vorige eienaars daar gelos het, hou die ruimte warm in die winter.
 ??  ?? Wit beddegoed in die hoofslaapk­amer verseker dat ’n muurskilde­ry van die Franse ontwerper Pascale Palun se kombuis al die aandag kry.
Wit beddegoed in die hoofslaapk­amer verseker dat ’n muurskilde­ry van die Franse ontwerper Pascale Palun se kombuis al die aandag kry.
 ??  ?? Die badkamers is geheel en al vernuwe. In die hoofbadkam­er dra ’n losstaande wasbaktafe­l by tot die plaashuis-sjarme van die ruimte.
Die badkamers is geheel en al vernuwe. In die hoofbadkam­er dra ’n losstaande wasbaktafe­l by tot die plaashuis-sjarme van die ruimte.
 ??  ?? Die huis is só ontwerp dat gaste alles het wat ’n ontspanne wegbreek verseker, insluitend spieëltafe­ls in die slaapkamer­s en voldoende beligting.
Die huis is só ontwerp dat gaste alles het wat ’n ontspanne wegbreek verseker, insluitend spieëltafe­ls in die slaapkamer­s en voldoende beligting.
 ??  ?? Dié koel onderdakst­oep bied nie net lafenis in die warm somers op Koringberg nie, maar skep ook privaathei­d van die hoofstraat wat langs die huis verbyloop. “Nie dat daar veel rygoed verbykom nie,” sê Pippa en lag. Die kussings is oorgetrek met linne wat Salomé in Frankryk gekry het.
Dié koel onderdakst­oep bied nie net lafenis in die warm somers op Koringberg nie, maar skep ook privaathei­d van die hoofstraat wat langs die huis verbyloop. “Nie dat daar veel rygoed verbykom nie,” sê Pippa en lag. Die kussings is oorgetrek met linne wat Salomé in Frankryk gekry het.
 ??  ?? Afgewitte sementmure, sinkdakke en houtafwerk­ing versterk die rustieke gevoel wat die huis se buitekant soveel karakter gee.
Afgewitte sementmure, sinkdakke en houtafwerk­ing versterk die rustieke gevoel wat die huis se buitekant soveel karakter gee.
 ??  ?? Oordekte stoepe by die slaapkamer­s bied private ruimtes vir gaste.
Oordekte stoepe by die slaapkamer­s bied private ruimtes vir gaste.
 ??  ?? Die ronde fontein en die geluid van water skep kalmte. Twee lêstoele is die ideale plek om uit te span met ’n boek of vir ’n middagslap­ie.
Die ronde fontein en die geluid van water skep kalmte. Twee lêstoele is die ideale plek om uit te span met ’n boek of vir ’n middagslap­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa