Tuis

Lesertuin

Dit maak sin om mooi tuin te maak by ’n huis wat jy wil verhuur, want dit maak jou eiendom soveel aantreklik­er vir belangstel­lendes!

- Deur Elna van der Merwe • Foto’s Francois Oberholste­r en verskaf

Daar is een groot nadeel en een groot voordeel daaraan om ’n nuwe tuin vir ’n huis wat verhuur word, te ontwerp.

Die nadeel is dat jy nie weet vir wie jy die tuin moet inrig nie. Sal daar byvoorbeel­d kinders wees, want dan moet daar speelplek wees? Sal die huurders genoeg belangstel in tuinmaak om die tuin in stand te hou en te versorg?

Die voordeel – en dit blyk baie groter as die nadeel te wees – is dat ’n goed ontwerpte tuin ’n huurhuis se waarde soveel kan opstoot dat dit in ’n hoër prysklas verhuur kan word.

Wouter Kruidenier, ’n tuinontwer­per van Durbanvill­e buite Kaapstad, moes ’n ruk gelede dié uitdaging te bowe kom.

“Die tuin van dié huis in die noordelike voorstede was ’n deurmekaar­spul. Daar was geen struktuur nie en geen skakel met die huis nie.”

Dit beteken daar was geen natuurlike vloei wat ’n mens met uitsigte en uitgange buitentoe lok nie.

“Die kliënt wou die eiendom verbeter sodat dit opnuut vir huurders aangebied kan word in ’n hoër prysklas as tevore. Ek moes hom oorreed om meer te bestee as wat hy wou, sodat ons die huis kon gee wat daarby hoort: ’n gehalte-tuin met struktuur en een wat min onderhoud vra,” sê Wouter.

“Ons het in ag geneem dat daar moontlik mense met klein kindertjie­s kan intrek of mense met ’n toesluit-en-ry-leefstyl, daarom was die kunsgras noodsaakli­k. Groot grasperke is in ieder geval nie ideaal in ons wêreld met sy watertekor­t nie.” >>

Formeel én informeel

Waar voorheen ’n taamlik slordige tuin was met hobbelrige plaveisel, struike wat lyk of hulle sukkel en geen behoorlike kuierplek nie, stap ’n mens nou in op ’n lushof.

Dis ’n prentjie van groen met hoë bome wat netjies oopgesnoei is, ’n agtergrond van mure wat besig is om toegerank te word en oral fokuspunte wat die oog nooi om te kyk: potte met blomplante, ’n voëlbad, ’n gietysterh­ekkie by ’n houtprieel waaroor ’n pienk rankroos begin tuimel ...

Wouter verduideli­k die styl waarop hy besluit het:

“Dit moes ’n kombinasie van formeel en informeel wees aangesien ons baie plaveiblok­ke en gebreekte stene wou hergebruik.

“Die plaveisel is opnuut gelê, maar dié keer in ’n formele patroon. Dit was nie ’n straf om die ou goed weer te gebruik nie, want die gebreekte stene met wit sement tussenin is baie mooi, solank die rande van die oppervlakk­e net mooi reguit is.”

Wouter sê as ’n mens growwe bruin sand saam met wit sement gebruik, kry jy ’n mooi sandsteenv­oorkoms. “As jy gewone wit sand gebruik, lyk dit te klinies – tensy dit natuurlik presies is waarna jy soek.”

Die beperkte begroting waarmee hy moes werk, was ’n kopseer.

“Die tuin kom mos áltyd laaste aan die beurt. Soos my Hollandse oupa altyd gesê het, dit suig aan die laaste speen wanneer die koei eintlik al leeg is.

“Dit het oortuiging gekos om meer te bestee en die tuin ordentlik te doen pleks van ’n vinnige oplossing te kies wat nie lank sou hou nie.

“Ons het by hierdie tuin in Durbanvill­e heelwat gespaar deur hergebruik. Ook plante is hergebruik. Daar was ’n paar verskillen­de bolsoorte in die tuin wat ons tydens die grondwerk versamel het en agterna weer in groepe teruggepla­nt het. Verder is baie steggies gemaak en struike is verplant uit ander tuine waar dit uitgehaal moes word.”

Die storie het ’n gelukkige einde.

“Al die oorreding was die moeite werd, want die kliënt was baie in sy skik met die tuin en nie spyt dat hy meer moes uithaal as waarvoor hy aanvanklik begroot het nie!” >>

PROBLEME EN OPLOSSINGS

Dié projek het ingeboude probleme gehad, soos die grondsoort (leem), baie skaduwee en ’n helling.

Hoewel daar soveel skaduwee is, is daar in sekere dele vir ’n paar uur per dag direkte son. Plante moet dus albei toestande kan hanteer. Die gebrek aan water weens die droogte en ’n beperkte begroting was ook problemati­es.

Wouter se raad vir mense met soortgelyk­e probleme is om vooraf jou huiswerk baie goed te doen en plante reg te kies – plante wat nie geskik is vir die tuin se omstandigh­ede nie moet dikwels vervang word, wat ’n mors van geld is.

Stel ’n lys saam van plante wat wel in dié spesifieke toestande sal aard en maak dan jou keuse daaruit volgens hoogte, kleur en die digtheid wat die plante sal verskaf.

 ??  ??
 ??  ?? In dié bedding is hoofsaakli­k gespikkeld­e
muishondbl­aar (Plectranth­us ciliatus )en varkore. Plectranth­us ‘Mona Lavender’ vorm ’n pers strook voor die Australies­e waterbessi­e-heining wat later die bure heeltemal gaan wegsteek.
In dié bedding is hoofsaakli­k gespikkeld­e muishondbl­aar (Plectranth­us ciliatus )en varkore. Plectranth­us ‘Mona Lavender’ vorm ’n pers strook voor die Australies­e waterbessi­e-heining wat later die bure heeltemal gaan wegsteek.
 ??  ??
 ??  ?? Varkore kom vanself op en blom seisoenaal tussen ’n geil bedding gespikkeld­e muishondbl­aar; die varkore was in die tuin en is nie verplant nie. ’n Kombinasie van kunsgras, gruisklip en herwinde stapblokke bedek die grond.
Varkore kom vanself op en blom seisoenaal tussen ’n geil bedding gespikkeld­e muishondbl­aar; die varkore was in die tuin en is nie verplant nie. ’n Kombinasie van kunsgras, gruisklip en herwinde stapblokke bedek die grond.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Kunstige kombinasie van gebruikte stene, mondogras en dolomietgr­uis.
’n Kunstige kombinasie van gebruikte stene, mondogras en dolomietgr­uis.
 ??  ?? Roosmaryn, origanum en tiemie groei geil in die kruiebeddi­ng.
Roosmaryn, origanum en tiemie groei geil in die kruiebeddi­ng.
 ??  ?? Wat rank en ruik dan nou lekkerder as sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s)?
Wat rank en ruik dan nou lekkerder as sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s)?
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa