Tuis

Vars idees vir tekstuur in jou huis

Dis maklik om tekstuur te skep met die regte kombinasie van afwerkings; kyk net na dié slim dekorplann­e.

- Deur Johané Neilson en Shané Barnard Foto’s Francois Oberholste­r en Johané Neilson Stilering Marian van Wyk

Op sy eentjie

Minder kan soms meer wees wanneer dit kom by teksture byvoeg en afwerkings kies. Langs dié lieflike ingang staan ’n enkele dekoratiew­e teël pragtig uit teen die sagte terracotta agtergrond, asook die vintage-deur omraam met klompie-stene. Dié speelse element het ons beslis twee keer laat kyk!

Moenie teleurgest­eld wees as jy net ’n paar teëls in jou gunsteling-ontwerp of selfs een met defekte kry nie. Gee sulke spesiale vondste die ereplek – iewers waar dit iemand gaan verras.

Puik skuif!

Tydens die opknap van hul huis in Vishoek, Kaapstad, het Kelly en Jonathan Croeser die kombuis in die hoofslaapk­amer verander. Pleks van die kragboks en koopkragme­ter te skuif, het hulle ’n pasgemaakt­e “skuifkopst­uk” gemaak van ’n eenvoudige reghoekige houtraam en ’n standaards­kuifdeurme­ganisme. Kelly het die hout met verdunde roomkleuri­ge akrielverf geverf en toe lap daaraan vasgekram. Wanneer hulle by die boks moet uitkom, skuif hulle eenvoudig die oorgroot kopstuk na regs, maar andersins skep dit ’n pragtige fokuspunt agter die vintage-houtbed. >>

Op ’n streep

Die binneontwe­rper Nikki Zigras van Studio do Cabo het dié badkamer ’n funky styl gegee – én dit boonop ruimer laat voel – deur by ’n neutrale palet te hou en horisontal­e lyne in die metroteëls en stortgordy­n in te span. “Ek wou ’n besonderse ontwerp hê en dié klein badkamer breër laat lyk, daarom het ek grys en wit teëls in horisontal­e bane laat lê,” sê sy.

Nikki het elke sentimeter in dié knap ruimte benut deur ’n wasbak op ’n houtblad onder die venster te plaas en ’n groot ronde spieël oorkant die stort te hang. Vir dié wat wil nader kyk wanneer hulle tande borsel of skeer, het sy ’n uittrekbar­e spieël teen die muur gemonteer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wasbak van herwinde dwarslêers ontwerp deur Andre Otto van Green Cube Design; stortgordy­n van H&M Home; ronde spieël met houtraam van Coricraft; grys en wit metroteëls van Tile House; ronde mosaïekteë­ls van Douglas Jones
Wasbak van herwinde dwarslêers ontwerp deur Andre Otto van Green Cube Design; stortgordy­n van H&M Home; ronde spieël met houtraam van Coricraft; grys en wit metroteëls van Tile House; ronde mosaïekteë­ls van Douglas Jones

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa