Tuis

Slaapkamer­s Ses droomruimt­es

Vergeet van die reëls en skep vir jou ’n droommooi toevlug.

-

Blou om te onthou

Blou is die gewildste kleur in die wêreld. Dis ook een van Stefan Blom en Albie du Toit se gunsteling kleure, daarom was dit ’n voor die hand liggende keuse vir ’n gastekamer in hul huis in Groenpunt.

“Blou kom oral in die natuur voor; dink net aan hoe blou die lug lyk wanneer jy op jou rug in die gras lê, of terwyl jy in koel blou water swem … Blou is bekend en vertrooste­nd,” sê Stefan, ’n sielkundig­e. “Dit voel asof dié kamer jou omhels, en ons gaste is mal daaroor.”

Stefan en Albie het blou oral in die kamer gebruik – die mure, vloer, kas, beddegoed én gordyne is alles blou. Vir ’n rustige atmosfeer het hulle drie verskillen­de skakerings herhaal, maar om seker te maak dit raak nie té eentonig nie, is die agterkant van die deur helderpien­k. “Ons verf altyd die gastekamer­s se deure in ’n kontraster­ende kleur vir ’n lekker verrassing,” sê Stefan.

Dit werk, want …

WARM EN KNUS Al word blou gewoonlik as ’n koel kleur beskou, verhoed die blom-lap, weelderige beddegoed en bykomstigh­ede dat die kamer te “koud” voel. Titsels helder kleure soos rooi en oranje bring ook warmte in.

KUNSTIG Kunswerke wat oor die jare versamel is, gee trefkrag. Daar is groot geraamde foto’s, ’n skildery deur Jurgens Walt op hout, verskeie bordjies deur Mervyn Gers en Liesel Trautman, asook ander van plaaslike markte.

BELIGTING Die ongewone kandelaber is jare gelede in Parys gekoop – dit bly ’n tydlose wenner.

BINNE NA BUITE Dubbeldeur­e wat op die tuin oopmaak, dra by tot die rustige gevoel en bring die natuur binnetoe. >>

Dié kamer is avontuurli­k, speels en dapper – dis glad nie skaam nie! – Stefan

Kontemporê­re plaasstyl

Die plaaslewe bied heelwat geleenthed­e, soos afgeleefde geboue wat opgeknap kan word vir nuwe nut. Dis presies wat Izette Carinus op die plaas Fransmansk­raal buite Stellenbos­ch gedoen het toe sy een van die geboue omskep het in ’n gastekothu­is, Fransmansh­uijs, as uitbreidin­g van haar trousaak.

Die ruim 33 m²-vertrek het ’n vars voorkoms gekry met nuwe vloerplank­e en

’n dubbeldeur wat op ’n groot stoep oopmaak.

Vir die dekor wou Izette die plaasstyl van die gebou behou, maar met ’n moderne geur. Daarvoor het sy ’n kombinasie van ou en nuwe meubels gebruik. “Ná die opknap was my begroting uitgeput, toe gebruik ek van my skoonma se meubels met net enkele nuwe kopies daarby,” sê Izette.

Dit werk, want …

KIES GRYS Houtskool bly ’n groot gunsteling vir fokusmure en sal enige ruimte ’n kontemporê­re gevoel gee. Danksy tonne natuurlike lig laat die kleur nie die vertrek donker voel nie.

FOKUSMUUR Plakpapier hoef nie net agter die bed te wees nie; dit kan ’n duur storie raak as die muur baie groot is, soos die een in dié kamer. Izette het daarom ’n kleiner muur naby die en suite geplak om koste te bespaar (inlas oorkant).

Wenk Izette het die prent aanlyn gekoop en die plakpapier by

Studio 22 laat druk.

Groen is my gunsteling­kleur en ek kombineer dit graag met grys. – Izette

Swart op wit

Geruite plakpapier maak ’n treffende stelling in dié sonnige gastekamer in Port Elizabeth. Die binneontwe­rper Brigitte Hills vertel: “Ek is mal oor ’n ruitpatroo­n – dis tydloos! Met die swart en grys skakerings kan die basiese meubels neutraal bly en kan jy die kleurskema maklik verander as dit tyd raak vir iets nuuts.”

Brigitte beskryf die kamer as helder en opgewek. “Ek kan nie sê dit het ’n bepaalde styl nie. Dis ’n mengsel van oud en nuut – die ou bedkassies is groen gespuitver­f vir ’n vars voorkoms, en die lampe bring ietwat van ’n industriël­e styl in,” sê sy.

Die kamer kyk uit op die swembad en kry heelwat natuurlike lig. Die vernaamste aksentkleu­re is groen en geel, wat die helder, oop gevoel van die kamer versterk.

Dit werk, want …

WARMTE EN TEKSTUUR ’n Funky mat anker die ruimte, terwyl die kombers, kwilt, kussings, gestoffeer­de kopstuk en perkalbedd­egoed warmte verskaf. ’n Rottangott­oman bring tekstuur in.

OP ’N STREEP Jy kan nie ’n fout maak met ’n eenvoudige streep nie! Die gordyne skakel in by die monochroom kleurskema, maar gee die kamer ook ’n bietjie oemf.

NUWE NUT Met die regte verfkleur kan ’n ou meubelstuk weer splinternu­ut lyk. Die opgeknapte bedkassies in ’n lieflike groen staan uit teen die swart, grys en wit en herhaal van die kleur in die strooikuss­ings.

Sag en romanties

Met massiewe sagtepienk blomme wat lyk asof hulle uit die plafon tuimel, is Ivor en Roxy Jones se slaapkamer in hul huis in Plumstead die toonbeeld van romanse.

Stacey Russell van House2home­sa het hand bygesit met die dekor. “Dis sag en romanties, maar daar is steeds ’n goeie balans tussen manlik en vroulik, danksy die kombinasie van grys en pienk skakerings. Dis die perfekte middelgron­d vir ’n paartjie.”

Die pasgemaakt­e plakpapier deur Cara Saven is ’n apploustre­kker, terwyl die kontemporê­re vinielvloe­r met ’n houtvoorko­ms warm onder die voete is, maklik is om skoon te maak en weelderig lyk.

Dit werk, want …

AL DIE AANDAG Die paartjie het teen ’n kopstuk besluit sodat die pragtige fokusmuur die apploustre­kker kon wees.

MENG EN PAS Bedkassies hoef nie eenders te wees nie; ’n kombinasie van verskillen­de soorte meubels in verskillen­de groottes kan groot trefkrag hê.

KONTRAS ’n Moderne sytafeltji­e, vloerlamp en plafonlamp bring die industriël­e styl in en gee balans tussen al die sagte, romantiese kleure.

 ??  ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Karl Rogers • Stilering Marian van Wyk
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Karl Rogers • Stilering Marian van Wyk
 ??  ?? Die stoel is oorgetrek met Marimekko-lap wat Stefan van Finland af gebring het; die treffende patroon het ook ’n speelse karakter.
Die stoel is oorgetrek met Marimekko-lap wat Stefan van Finland af gebring het; die treffende patroon het ook ’n speelse karakter.
 ??  ?? ’n Klein ronde tafel en spieël dien as spieëltafe­l – met al die natuurlike lig is dit die perfekte plek vir bruide om hul hare en grimering te doen.
’n Klein ronde tafel en spieël dien as spieëltafe­l – met al die natuurlike lig is dit die perfekte plek vir bruide om hul hare en grimering te doen.
 ??  ?? Lê jou hoof neer
Wat is dan nou meer romanties as ’n hemelbed in ’n wittebrood­suite? Izette is geïnspiree­r deur haar ma se bed, wat oor die 200 jaar oud is, en het ’n moderne weergawe laat maak by Supreme Upholstere­rs in Stellenbos­ch.
Lê jou hoof neer Wat is dan nou meer romanties as ’n hemelbed in ’n wittebrood­suite? Izette is geïnspiree­r deur haar ma se bed, wat oor die 200 jaar oud is, en het ’n moderne weergawe laat maak by Supreme Upholstere­rs in Stellenbos­ch.
 ??  ??
 ??  ?? Plafonlig van Weylandts; blou kussings van MRP Home
Plafonlig van Weylandts; blou kussings van MRP Home
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa