Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Vier smaaklike staatmaker­s met maalvleis en groente.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

Penne met maalvleis en sampioene

Onder R130 • Genoeg vir 4 porsies

Bereidings­tyd: 20 minute • Gaarmaakty­d: 15 minute

• 15 ml elk botter en olyfolie • 250 g dwergsampi­oene, dungesny

• 350 g maalvleis

• ’n knippie paprika

• 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 15 ml meel

• 250 ml hoenderaft­reksel

• ’n groot hand vol babaspinas­ie • 15 ml Dijonmoste­rd

• 125 ml suurroom

• 300 g penne, gekook tot al dente

• 125 ml gerasperde parmesaan

1 Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die sampioene stadig tot mooi bruin. Moenie onnodig roer nie, die pan sal te veel hitte verloor en die sampioene sal stoom pleks van bruin braai. Geur met sout en peper en voeg die maalvleis en paprika by.

2 Braai nou totdat die maalvleis ook mooi bruin en geurig is. Breek die maalvleis deurgaans op met ’n spaan sodat dit korrelrig is en nie groot klonte maak nie.

3 Roer die knoffel en meel by, braai vir ’n halwe minuut en voeg die aftreksel, spinasie en mosterd by. Kook ’n paar minute lank totdat die sous glansend is.

4 Roer die suurroom by, verhit tot warm maar moenie dat dit kook nie. Meng die sous deur die pasta, geur ’n laaste keer na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper en sit voor met parmesaan.

Herderspas­tei met blomkool

Onder R160 • Genoeg vir 8 porsies • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 45 minute • Oondtemper­atuur: 200 °C

• 30 ml olyfolie

• 1 kg maalvleis (bees en volstruis)

• 10 ml elk fyn koljander en komyn

• 4 knoffelhui­sies, gekap • 45 ml tamatiepur­ee • 30 ml worcesters­ous • ’n paar takkies tiemie • 30 ml meel

• 250 ml vleisaftre­ksel

• 250 ml gemengde bevrore groente (met ertjies en wortel) • 15 ml botter

• 15 ml meel

• 300 ml melk

• ’n ruim knypie neutmuskaa­t • 1 kop blomkool, in blomme gebreek en gaar gestoom • 250 ml gerasperde kaas

1 Verhit die olie en braai die maalvleis tot mooi bruin en korrelrig. Geur met die koljander, komyn, sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak. Roer die knoffel, tamatiepur­ee, worcesters­ous en tiemie by en braai nog ’n paar minute.

2 Strooi die meel oor die vleis, roer deur en voeg die aftreksel en gemengde groente by. Verlaag die hitte en laat prut 15 minute.

Skep in ’n oondvaste bak en voorverhit die oond.

3 Smelt die botter in ’n klein kastrol, klits die meel by en braai ’n paar minute. Klits die melk geleidelik by om te keer dat daar klonte vorm en laat prut die sous dan vir 5 minute. Geur met sout, peper en neutmuskaa­t. Verwyder van die hitte en roer die blomkool en die helfte van die kaas by.

4 Skep die witsous en blomkool bo-op die vleis, strooi die ekstra kaas oor en bak vir 20 minute.

Koolpakkie­s met Oosterse geure

Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 30 minute • Oondtemper­atuur: 180 °C

• 12 Chinese koolblare

• 15 ml sesamolie

• 1 rooi brandrissi­e, gekap • 2 cm vars gemmer, geskil en gekap

• 5 ml gekapte vars knoffel • 2 wortels, grofgerasp­er • 250 ml gaar rys, koud

• 4 sprietuie, gekap

• 60 ml koljander, gekap • 15 ml sojasous

• 500 g vars vark- of hoendermaa­lvleis

• 60 ml oestersous

• 5 ml srirachaso­us

• 5 ml rysasyn

• 30 ml sesamsaad

1 Sny die dikste deel van die are uit die koolblare en kap fyn. Verhit die olie in ’n pan en braai die gekapte koolare, rissie, gemmer, knoffel en wortel saam tot geurig. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

2 Meng die afgekoelde roerbraai, die rys, sprietuie, koljander en sojasous, en voeg laaste die maalvleis by. Verdeel in 8 frikkadell­e. Voorverhit die oond.

3 Dompel die behoue koolblare 1 minuut lank in kookwater en dan in yswater; dreineer. Rol nou elke frikkadel in ’n koolblaar of twee toe in ’n netjiese pakkie en pak dit in ’n gesmeerde oondbak.

4 Klits die oestersous, sriracha en asyn saam en verf oor die pakkies, strooi die sesamsaad oor en bak vir sowat 20 minute. Skakel dan die oond se roosterele­ment aan en rooster vir 5 minute – dit maak die blare heerlik bros bo-op. Laat staan vir 5 minute en sit voor met ekstra sous vir doop.

Romerige kerriefrik­kadelle

Onder R120 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 500 g maalvleis

• 125 ml broodkrumm­els (panko of gewoon)

• 1 eier

• 15 ml garam masala • 60 ml olie

SOUS

• 1 groot patat, in blokkies gesny

• 2 knoffelhui­sies, gekap

• 2 cm vars gemmer, geskil en gerasper

• 2 brandrissi­es, ontpit en gekap • 15 ml matige kerriepoei­er

• 15 ml tamatiepas­ta

• 250 ml klappermel­k

• ½ komkommer, in blokkies gesny

• ’n hand vol vars koljander, gekap

• gestoomde rys vir voorsit

1 Meng die maalvleis, broodkrumm­els, eier, garam masala en ’n ruim knippie sout en peper, en rol dit met nat hande in happiegroo­t frikkadell­e.

2 Verhit die helfte van die olie in ’n pan en braai die frikkadell­e tot mooi goudbruin oraloor. Skep uit en braai die patatblokk­ies vir ’n paar minute in die res van die olie tot hulle begin kleur kry.

3 Roer die knoffel, gemmer, brandrissi­e, kerriepoei­er en tamatiepas­ta by en braai twee minute lank saam met die patat. Skep die frikkadell­e terug in die pan, giet die klappermel­k by en laat prut rustig vir sowat 10 minute of tot die patat en vleis gaar en die sous geurig is. Sit voor met die komkommer, koljander en gestoomde rys.

 ??  ?? BOBOTIE
BOBOTIE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa