Tuis

Dekordilem­ma

-

Die probleem

Ronel Grundlingh van Centurion skryf Ons het ’n groot slaapkamer met ’n sitgedeelt­e, instapkas en en suite-badkamer. Ek wil die ruimte ’n meer intieme en romantiese atmosfeer gee omdat dit op die oomblik ’n bietjie futloos voel. Ek hou van die plaasstyl, maar ek het g’n idee waar om te begin nie. Help asseblief!

Die oplossing

Micke de Villiers van ons aanlyn-ontwerpdie­ns Welkom Tuis

(welcomehom­e.co.za) antwoord Jou slaapkamer is lekker groot, maar die afmetings is taamlik beperkend wanneer dit by uitleg kom. Hier is ’n paar maniere waarop jy die ruimte beter kan benut en ’n meer intieme plaasstyl kan skep.

DIE SLAAPKAMER

Los die bed waar dit is, maar oorweeg dit om die deure daaragter te vervang met mooi plakpapier. ’n Kopstuk met diep knoopdetai­l, weelderige beddegoed in sagte skakerings en ’n deken sal lieflike tekstuur inbring. Laat ook die ottoman aan die bed se voetenent stoffeer met diep knoopdetai­l wat by die kopstuk pas. Hou jou bedkassies en hang nuwe spieëls daarbo; elegante bedlampies sal die prentjie voltooi.

Vir die mure sou ek Dulux Dusted Moss 3 aanbeveel om die kamer op te helder; oorweeg dit ook om jou vintage-spieëltafe­l te skuur en wit te verf – oorweeg Dulux Song Porcelain. ’n Trollie sal jou haartoeste­lle en -bykomstigh­ede netjies weggebêre hou.

DIE SITGEDEELT­E

Skep ’n knus sithoek in die oorkantse deel van die kamer. Skuif die TV na die muur links en belê in ’n moderne TV-kas. Jou rusbank is nog in ’n goeie toestand, so jy kan dit net nuwe lewe gee met ’n los oortreksel in ’n neutrale kleur; twee ekstra stoele sal nog sitplek verskaf. Gebruik dekoratiew­e elemente soos strooikuss­ings en dekens om die ruimte te versag.

Omskep die agterste muur in ’n fokuspunt met ’n kompakte koffiestas­ie, rakke vir pakplek en ’n mini-kroegyskas. Houtrakke sal tekstuur inbring en staanplek bied vir mooi uitstalgoe­d. Vervang jou kandelaber met ’n meer organiese weergawe om by die geheel te pas, en bring die natuur in met plante en groenighei­d.

 ??  ?? Nouveau Damask-plakpapier R2 857 per rol, hertex.co.za
Nouveau Damask-plakpapier R2 857 per rol, hertex.co.za
 ??  ?? Bordeaux-spieël R2 399, coricraft.co.za
Bordeaux-spieël R2 399, coricraft.co.za
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa