Tuis

HET JY GEWEET?

Volg dié wenke om die grootste nut uit gumtree.co.za te kry – en seker te maak jy verkoop in ’n kits!

-

JOU LIGGING MAAK SAAK

Dis dalk voor die hand liggend, maar potensiële kopers moet weet waar jy is. Dis belangrik om jou ligging aan te dui – indien mense in jou omgewing nie jou advertensi­e kan sien nie, kan jy moontlik minder terugvoer daarop kry.

WAT SÊ ’N NAAM?

Gumtree-soektogte gebruik die sleutelwoo­rde in jou advertensi­e se opskrif. Kies spesifieke sleutelwoo­rde om seker te maak jou advertensi­e kom by soveel moontlik kopers uit. Op Gumtree kan jy tot 100 karakters gebruik. “Rusbank te koop” is nie verkeerd nie, maar jy sal beter resultate kry met meer inligting. Probeer liewer “Baie gemaklike driesitple­krusbank te koop. Herstoffee­r. Baie min gebruik. In uitstekend­e toestand.”

’N FOTO SPREEK ’N DUISEND WOORDE Mense wil presies sien wat jy te koop aanbied. Advertensi­es met foto’s kry groter aftrek; gebruik goed beligte foto’s van goeie gehalte. Dit kos niks om foto’s by jou Gumtree-advertensi­e te plaas nie – plaas gerus meer as een.

KIES DIE KATEGORIE VERSIGTIG

Dis belangrik dat jy jou advertensi­e in die regte stad en kategorie adverteer. As jou advertensi­e verkeerd gelys is, kan kopers dit moeilik vind. Gaan jou kategorie na, en maak ook dubbel seker jy lys dit in die regte omgewing.

HOU JOU ADVERTENSI­ES DOP

So, jou advertensi­e het fantasties­e foto’s, ’n opskrif wat die oog vang en jou ligging en kategorie is reg. Kant en klaar, of hoe? Nog nie. Indien belangstel­ling begin opdroog, kan jy jou advertensi­e ’n hupstoot gee met Top Ads. Dié advertensi­es kry gemiddeld drie keer meer belangstel­ling, teen ’n koste vanaf R7 per dag.

 ??  ?? Blougroen kussings van MRP Home; lamp, pienk kussing, deken en wekker van Woolworths; mat van @home
Blougroen kussings van MRP Home; lamp, pienk kussing, deken en wekker van Woolworths; mat van @home
 ??  ?? ien die stap-vir-stap-video p tuis.co.za.
VERSKAFFER­S @home 0860 666 674, home.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za
ien die stap-vir-stap-video p tuis.co.za. VERSKAFFER­S @home 0860 666 674, home.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa