Tuis

Vir ’n houtvoorko­ms

- 1 2 3 4 5

Chantelle Koen van Stellenber­g skryf Watter verftegnie­k het die Du Preezs op die Isoboard-plafon op bladsy 25 van Januarie 2020 se Tuis gebruik om dit ’n houtvoorko­ms te gee?

Anette du Preez antwoord Dit sal baie makliker wees om die Isoboard te verf voor dit geïnstalle­er word, maar dis beslis nie onmoontlik om dit te doen op ’n plafon wat reeds in plek is nie.

WAT JY NODIG HET IsoBoard-panele • verfskrape­r • rubberhame­r • ’n klam lap • verf in twee kleure • kwas van ± 3 cm

• stewige kwas van ± 10 cm (dieselfde breedte as die panele) • houtgrein-aanwender (verkieslik 10–12 cm breed)

Breek die lengte van die panele deur groewe daarin te skep wat dit soos aparte planke sal laat lyk; ons het ’n verfskrape­r en rubberhame­r gebruik. Jy kan die patroon lukraak maak, of laat lyk of al die planke in gelid lê. Ons wou ons s’n meer organies laat lyk.

Vee elke paneel met ’n klam lap af. Fokus op die plat oppervlak; die groewe sal redelik grof wees en die verf sal maklik daarin kleef.

Gebruik twee verfkleure, verkieslik­e natuurlike skakerings wat nie te ver van mekaar verskil in tonaliteit nie. Ons het Duram se Wilderness Sand en Dune Lark gebruik. Verf een paneel op ’n slag: wend die ligter kleur eers in al die groewe aan (gebruik die kleiner kwas) en verf dan die plank self met die groter kwas. Jou hale hoef nie perfek te wees of die paneel presies te bedek nie – die onvolmaakt­e hale lyk eintlik natuurlike­r, maar probeer om in die lengte af, met die plank se “grein” langs, te verf.

Dis nie nodig dat die verf heeltemal droog is wanneer jy met die tweede (donkerder) kleur begin nie, en jou hale kan hier ook maar oneweredig en streperig wees. Werk vinnig, want die volgende stap moet gebeur terwyl die verf nog redelik nat is.

Gebruik die houtgrein-aanwender (dis te koop by kunsvlytwi­nkels soos stencil-art.co.za) om ’n grein in die nat verf te skep; oefen vooraf op ’n afvalstuk. Jy sal die beste resultaat kry wanneer jy vinnig werk en jou hand heen en weer beweeg terwyl jy die grein aanbring. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa