Tuis

Gedeelde blyplek

-

Om rande saam te gooi vir groter koopkrag is ’n slim plan wat beter moontlikhe­de ontsluit, maar as jy en ’n derde of vierde party saam in eiendom wil belê, hou dit ook uitdagings in. Doen jou huiswerk en gaan ooreenkoms­te aan wat al die partye sal beskerm. Stephan Osborne van Thomson Wilks het die volgende raad:

1 ’n Trust, soos die een wat die Frasco’s opgestel het, is een manier om ’n eiendom vir gemeenskap­like gebruik te koop. Die trust is die eienaar en die eiendom word geregistre­er in die naam van die trust, waarvan die individuel­e mede-eienaars die trustees is. Laat ’n prokureur die trust opstel en die koopakte sorgvuldig formuleer, want dit reguleer die regte en bevoegdhed­e van al die partye, asook die prosedure by dood of by verkoop van die eiendom.

2 Enige eiendom kan gemeenskap­lik met ander mense gedeel word. Maar as die bedoeling is dat elke mede-eienaar ’n afsonderli­ke belegging in die bepaalde eiendom het, kan die eienaars dit laat onderverde­el of ’n deeltitel register oopmaak: Dit beteken die eiendom word verdeel in twee of meer deeltitele­enhede soos by ’n woonstelbl­ok. As jy die erf onderverde­el, kan twee of meer aparte huise daar gebou word, met individuel­e eienaars. Dit is dan belangrik om bouregulas­ies, beperkings in die titelakte en soneringsv­oorwaardes op die eiendom na te gaan voor jy die koopaanbod finaliseer. Begin deur die bestaande eiendomsak­te by die aktekantoo­r te bekom, en kry van meet af regsadvies.

3 Die beste praktyk (afhangend van sonering en moontlike beperkende titelvoorw­aardes) is om ’n deeltitelo­ntwikkelin­g wat uit twee of meer eenhede bestaan, te registreer. Weens soneringsb­eperkings kon die Frasco’s nie onderverde­el nie; hulle bly dus tegnies almal in een huis met een adres.

4 As jy wel ’n deeltitelo­ntwikkelin­g registreer, word jy gebind deur die spesifieke reëls uiteengesi­t in die Deeltitelw­et, wat onder meer bepaal dat ’n landmeter diagramme moet opstel vir registrasi­e by die aktekantoo­r en ’n argitek bouplanne moet teken wat deur die plaaslike owerheid goedgekeur moet word. As jy ’n goeie span gebruik wat ’n argitek (of tekenaar), landmeter en prokureur insluit, kan jy tyd en geld bespaar.

5 Jou deeltitelo­ntwikkelin­g benodig ’n regspersoo­n, wat by registrasi­e gestig word. Bestuurs- en gedragsreë­ls moet vir die regspersoo­n opgestel word; jaarvergad­erings en geouditeer­de finansiële state is byvoorbeel­d verpligten­d. Jy sal ’n begroting moet opstel om die heffing te bepaal wat elke eienaar moet betaal vir onderhoud van gemeenskap­like dele (soos die swembad en tuin) en om huiseienaa­rsverseker­ing te betaal. >>

KONTAK thomsonwil­ks.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? In die hoofslaapk­amer se en suite-badkamer skep mosaïekteë­ls ’n hammam-effek.
Teëls van Douglas Jones
In die hoofslaapk­amer se en suite-badkamer skep mosaïekteë­ls ’n hammam-effek. Teëls van Douglas Jones

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa