Tuis

Spabehande­ling

-

Ansa Pieterse van Pretoria skryf Ek wil graag my troeteldie­r met ’n massering en mooimaak tuis bederf. Enige wenke?

Sr. Valdette Müller, die eienaar van shingavet.co.za, antwoord

Versorging is ’n wonderlike manier om jou liefde aan jou troeteldie­re te bewys en dis ook ’n kans om jul band te versterk. Hier is my raad:

Spring weg Kry al twee van julle se harte aan die klop met ’n balspeletj­ie of ’n vinnige stappie langs sy gunsteling-voetslaanp­ad.

Massering Laat jou hond staan en masseer hom van sy kop af ondertoe; gebruik klein sirkelbewe­gings en trek liggies sy vel en spiere weg van sy kop af. Laat hom sit of lê en masseer sy skouers. Gebruik jou vingertopp­e om die spiere in sagte sirkelbewe­gings te masseer. Honde se skouers dra baie van hul gewig en moet heelwat spanning verduur.

Pedikuur Wanneer jy klaar is met die massering kan jy jou hondekind ’n pedikuur gee. Knip sy naels, maar pasop dat jy nie tot in die lewe knip dat dit bloei nie.

’n Warm bad Maak seker die bad is gereed terwyl jy besig is met die pedikuur. ’n Sjampoe met ’n lekker soet geur sal sy vel opknap en sy pels versterk. As hy woelig is, plak ’n voerder met grondboont­jiebotter teen die bad se rand om hom besig te hou.

Droog af en borsel Druk hom droog met ’n handdoek en borsel hom van kop tot stert. Dit help om die haarsakkie­s te stimuleer en die pels se natuurlike olies te versprei. Eindig af met ’n bietjie honde-lyfsproei.

Bederftyd Beloon hom agterna met sy gunsteling-snoepgoed of -speelding.

KONTAK shingavet.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa