Tuis

Tydvir’n teeparty!

-

Wie sou dink dat 19de-eeuse partytjies aan boord seilbote te midde van die roesemoes van die dokke in Sjanghai en Londen enigiets met plante te doen kon hê? Maar dit was op dié skepe en in dié hawens dat handelaars ’n fortuin kon maak óf verloor – alles gegrond op tee, destyds gemaak van die blare van die kamille-struik.

Dit was die era van teehandel, toe Chinese seilskepe moes meeding in ’n dolle wedvaart verby die punt van Afrika om die eerste vrag van die seisoen te lewer. Wanneer etlike skepe tegelyk by hul bestemming aangekom het, het die teeprys drasties gedaal; dan was ’n drankie wat net vir die rykes beskore was, skielik vir Jan Alleman toeganklik. Londen se koffiehuis­e het in teekamers verander waar bekende digters en skrywers oor ’n koppie tee bymekaarge­kom het. Die digter en filosoof Ralph Waldo Emerson het dit só opgesom: “Daar is heelwat poësie en fyn sentiment in ’n kis tee.”

Die kamelia wat destyds die grootste ekonomiese waarde ingehou het, was die spesie met wit enkelblomm­e, Camellia sinensis; tee is van die blink blare en blaarknopp­e gebrou.

Hoewel ’n mens ook tee kan brou van ander Camellia-spesies, soos dié wat hier genoem word (sien oorkant), sal die drankie nie soos tradisione­le tee proe, lyk of ruik nie.

Wat is nou meer geskik vir Moedersdag as ’n koppie tee in die tuin nadat julle saam ’n paar kamelias ingespit het?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa