Tuis

Bergaalwyn

Die fraaiste vetplante

-

Aloe marlothii is ’n vorstelike aalwyn wat tot 4 m hoog kan groei en sy groot kandelaber­s oranje, geel of rooi blomme soos ’n kroon dra. Dit blom van Mei tot September en bied ’n welkome voorraad nektar vir voëls. Die plant hanteer ryp goed.

Kweek dit só Plant die bergaalwyn in volson in goed gedreineer­de grond, en werk ekstra kompos en beenmeel by – hy aard nie goed in swaar kleigrond nie. Rotsriwwe is ideaal, omdat dit die son se hitte vasvang. Gee dit oorgenoeg groeiruimt­e en maak een keer ’n week nat terwyl die plant hom nog vestig. Gee daarna minder water, anders kan dit vrot. Sou dit las hê van witluis, spuit met Oleum of neemolie gemeng met ’n benattings­middel. Maak seker dis nie te droog nie, of gee dit dalk ekstra voeding.

Gebruike in die tuin Bergaalwyn­e is statige fokusplant­e. Gebruik dit as ’n treffende enkelplant in rotstuine, tussen vetplante en in inheemse, voëlvriend­elike tuine. Vir ’n meer formele effek, plant hulle soos pilare by die ingang van ’n tuin, langs ’n muur of inrit.

Het jy geweet? Bergaalwyn­e vra gewoonlik minder water wanneer dit in gebiede met warm, nat somers en koel, droë winters groei. Plante kan wel meer water in ’n tuin hanteer, mits die grond goed dreineer. Waar plante goed natgemaak word, is die blare gewoonlik ligter groen met minder dorings.

Algemene probleme Misvormde blare en blomgroepe is simptome van aalwynkank­er, wat deur myte veroorsaak word. Verwyder die plant en gooi dit weg om verspreidi­ng te voorkom. Kyk uit vir snuitkewer­s wat in die stam grawe en dit later uithol; spuit die stam in met ’n sistemiese insekdoder.

KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa