Tuis

Steak-en-peperpaste­itjies met bier, patat en ertjies

-

Die pasteivuls­el se ryk vleissous is vol helder ertjies en happies soet patat. Die twee-bestanddee­l-deeg het ’n sensasie op Instagram veroorsaak, met verskillen­de mense wat alles van pizza, naanbrood tot kaneelroll­etjies daarmee maak. Ons het roosmaryn bygevoeg vir die maklikste pasteideeg.

Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 50 minute Gaarmaakty­d: 3 uur • Oondtemper­atuur: 180 ˚C

• 650 g biefblokki­es (dikrib of ghoelasj werk goed)

• 350 g biefskenke­lvleis, in blokkies gesny

• 100 ml meel

• 5 ml elk koljander, komyn en paprika

• 10 ml droë gemengde kruie

• sowat 30 ml olie

• 1 ui, gekap

• 1 wortel, fyngekap

• 2 stingels seldery, fyngekap

• 2 knoffelhui­sies, gekap

• 15 ml tamatiepas­ta

• 5 ml heel reënboogpe­perkorrels

• 340 ml (1 botteltjie) bier

• 250 ml vleisaftre­ksel

• 125 ml bevrore ertjies

• 1 mediumgroo­t patat, in skyfies gesny en gaar gerooster* KORS

• 500 ml bruismeel

• 375 ml jogurt

• ’n takkie roosmaryn, blaartjies gestroop en gekap

• 1 eier, geklits

1 Rol die vleis in die meel, speserye en kruie. Verhit die olie tot warm in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot mooi bruin; hou die vleis en enige orige meel eenkant. Braai nou die ui, wortel en seldery in dieselfde pot tot glansend. Roer die knoffel, tamatiepas­ta en peperkorre­ls by en roer vir ’n halwe minuut. Voeg die bier by en kook vir 2 minute terwyl jy enige stukkies op die bodem van die pot losskraap.

2 Skep die vleis, die aftreksel en die orige meel in die sous en laat prut rustig met die deksel op vir sowat 2 uur of tot die vleis smeltsag en die sous weelderig is. Roer die ertjies en patat by die pasteivuls­el, geur na smaak met sout en verdeel tussen vier oondvaste bakkies.

3 Voorverhit die oond. Meng die meel, jogurt en roosmaryn goed. Keer die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie liggies tot net glad. Moenie onnodig knie nie, want dan raak dit moeiliker om uit te rol. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke en rol elkeen uit in ’n sirkel wat die bokant van ’n pasteibakk­ie sal bedek. Verf die deegrand aan die onderkant met eier en druk dit op die rand van elke bakkie vas. Maak ’n stoomgaatj­ie in die deeg en verf oraloor met eier. Bak die pasteitjie­s vir 25–30 minute totdat die deeg goudbruin en gaar is.

Wenk Die pastei smaak nog lekkerder as jy die vulsel die vorige dag al berei.

* As jy nie die patat wil rooster nie, voeg dit die laaste

10–15 minute by die sous om gaar en sag te kook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa