Tuis

Boeddha-bakkies met ’n mangosousi­e

-

’n Boeddha-bakkie het ’n graanbasis en word voorgesit met interessan­te groentes en ander vars bestanddel­e – met of sonder ’n proteïen, maar beslis mét ’n heerlike sousie.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 50 minute

• 2 avokado’s, ontpit, geskil en gekap

• 2 mediumgroo­t patats, in skyfies gesny en gaar gerooster HEUNING-EN-SOJAFOREL

• 4 porsies (altesaam sowat 500 g) forel, met die vel aan

• 15 ml sesamolie

• 15 ml swart sesamsaad

• 15 ml heuning

• 30 ml sojasous

BRUINRYS

• 30 ml oyfolie

• ½ ui, gekap

• 1 knoffelhui­sie, gekap

• 5 ml borrie

• 250 ml bruinrys, 15 minute lank geweek en dan gedreineer

• 500 ml hoenderaft­reksel

• 2 mielies, gestoom en gebraai tot gaar • 1 blik (400 g) kekerertji­es, gedreineer • suurlemoen­sap en -skil na smaak

• 60 ml gekapte vars koljander MANGOSOUS

• 250 ml varsgesnyd­e mangoblokk­ies • 15–30 ml appelasyn

• 30 ml klappermel­k

• 5 ml heuning

• 5 ml gedroogde brandrissi­evlokkies

• sout na smaak

1 Berei die bruinrys Verhit die olie in ’n pan en braai die ui stadig daarin tot sag. Roer die knoffel, borrie en rys by en roerbraai tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die aftreksel by en laat stoom met die deksel op oor lae hitte vir sowat 35 minute totdat die korrels begin sag raak, maar nog byt het.

2 Sny die mieliepitt­e van die stronke af en roer dit saam met die kekerertji­es by die bruinrys; laat stoom nog 10 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 5 minute.

Roer dan die suurlemoen­sap en -skil en die vars kruie by. Afhangend van hoe sout die aftreksel is, kan sout en peper ook nodig wees. 3 Vir die sous, sit al die bestanddel­e in ’n maatbeker en verwerk tot fyn met ’n staafmenge­r. Geur na smaak met sout en peper.

4 Braai die forel Meng die vis met die sesamolie en -saad. Verhit ’n pan tot lekker warm en braai die vis, velkant eerste, vir sowat 3–4 minute totdat die vel bros is.

Druk die vis liggies plat met ’n spaan sodat dit nie omkrul nie en eweredig braai – só verseker jy ’n bros vel. Draai die porsies om en braai vinnig vir ’n minuut aan die ander kant sodat die vis ’n kors reg rondom het. Klits die heuning en soja saam, voeg dit by die pan en braai ’n laaste minuut om die vlees effens te karamellis­eer en kleur te gee sonder om die bros velletjie pap te maak. Verwyder van die hitte en laat rus vir ’n minuut. Die vis behoort nou medium-gaar te wees met ’n blosende binnekant. Dikker porsies vis kan meer tyd in die pan nodig hê – as jy onseker is, toets of die vlees vlok.

5 Stel die bakkies saam Skep ’n porsie rys in elke bakkie, gevolg deur ’n skeppie patat, ’n halwe avokado, ’n porsie forel en mangosous na smaak. >> Rys, bulgur, gort, noedels en kekerertji­es is ’n aanwins vir jou spens terwyl ertjies, hoender, forel en baie paratha-platbrood suksesvol vries.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa