Tuis

Kottu roti met klappersam­bal

Wicus, Tuis se redakteur, het dié wonderlike gereg op vakansie in Sri Lanka raakgeproe. As jy sukkel om roti’s of parathas in die hande te kry, kan jy jou gunsteling-ryssoort gaar deur die roerbraaig­roente, eier en hoender roer.

-

Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 35 minute • Gaarmaakty­d: 20 minute

• 5 ml vinkelsaad

• 3 ml swart mosterdsaa­d

• 2 kardemompe­ule

• 15 ml masala

• 10 ml borrie

• 15 ml tamarynpas­ta

• 3 ml sout

• 4 hoenderdye

• 15 ml olie

• 10 vars kerrieblar­e

• 2 knoffelhui­sies, gekap

• 3 cm gemmer, geskil en gerasper

• 1 groen brandrissi­e, gekap (of na smaak) • 1 prei (net die wit deel), gewas en gekap • 1 groot wortel, geskil en in dun stokkies gesny of gerasper

• 200 g dwergsampi­oene, gekap

• 2 eiers, geklits

• 4 gaar roti’s of parathas, opgerol en in dun repies gesny en dan gekap

• sojasous en klappersam­bal vir voorsit (resep oorkant)

1 Stamp al die speserye saam fyn in ’n vysel. Verwyder die vel van die hoenderdye (hou eenkant), ontbeen die hoender en sny die vleis in blokkies. Meng die hoender met die speserymen­gsel en laat 15 minute eenkant staan terwyl jy die res van die bestanddel­e gereed kry.

2 Verhit ’n pan tot warm en braai die hoendervel stadig tot bros. Die vet sal uit die vel braai en die pan genoeg smeer om die hoender daarin gaar te maak. Voeg die hoenderblo­kkies by, hou die hitte matig en braai tot gaar. Skep die vleis uit die pan, laat effens afkoel en kap rofweg kleiner; hou eenkant.

3 Voeg sowat 15 ml olie by die pan en braai nou die kerrieblar­e, knoffel, gemmer en rissie in die vet vir ’n halwe minuut. Roer die prei, wortels en sampioene by en roerbraai vir ’n paar minute totdat die groente net begin glans kry. Stoot die groente eenkant in die pan en voeg die eier by. Maak roereier (dit neem minder as ’n minuut), roer die roti’s of parathas en die gaar hoender by en meng deur. Roerbraai nou alles saam vir sowat 5 minute tot geurig en sit dadelik voor met sojasous na smaak en die klappersam­bal.

Wenke

• Jy kan tyd spaar deur hoenderdyf­ilette te koop en dit dan eenvoudig in olie braai, pleks van self die vet uit die vel te braai. • Kyk uit vir parathas in jou supermark se vrieskas. Die dun, skilferige Indiese platbrood word soms rou en bevrore verkoop, maar dis maklik om die klaar bereide deeg te laat ontdooi en in ’n bietjie olie te braai tot goudbruin en opgepof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa