Tuis

Net soos kuns

-

Treffend teen ’n muur

Liezie Mulder-Färbinger het dié treffende tafeldoek ’n paar jaar gelede op die plaas Babylonsto­ren in Franschhoe­k gekoop, maar pleks van op ’n tafel, gebruik sy dit as kunswerk teen ’n muur in haar huis op Thesen-eiland, Knysna. Sy het die lap met spykertjie­s aan die plafonlys vasgemaak, maar het gou besef dis nie ideaal nie – dit veroorsaak klein skeurtjies in die materiaal.

“Draai liewer die bokant versigtig om ’n plankie en kap dan die plankie teen die plafonlys of teen die muur net daaronder vas om skade aan die mooi materiaal te verhoed,” is haar raad.“Ek is mal oor die kleure – en die ekstra lap wat in ’n poel op die vloer bondel, gee dit ’n absoluut luukse gevoel,” sê Liezie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa