Tuis

Mooi én prakties

-

Wegkruiper­tjie

Die vorige eienaars van hul huis op Wellington het dié oulike plan uitgedink om die televisie in die leefvertre­k te verbloem, vertel Shané Barnard, Tuis se artikelred­akteur. ’n Pragtige stuk linne het ’n soom gekry met ’n stok daardeur, wat toe met tou heel bo teen die plafon vasgemaak is.

“Dit is so ’n eenvoudige manier om iets wat dikwels ’n seeroog in ’n leefruimte kan word, te verbloem,” sê sy. Wanneer hulle die TV gebruik, lig hulle eenvoudig die lap oor die stok sodat dit agter die skerm hang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa