Tuis

Ludwig se rooshoekie

‘Deloitte & Touche’

-

Annemarie van Wyk van Pretoria skryf Ek het ‘Forever Delight’ in potte geplant en dit kry baie middagson. Tydens die afgelope twee warm somers het dit nie goed gevaar nie, al het ek elke dag natgemaak.

Ludwig antwoord ‘Forever Delight’ vra volson om sy kleure op hul mooiste te vertoon, maar dis moontlik dat jou rose se wortels in die direkte middagson te warm geraak het, veral as dit in plastiekpo­tte geplant is. Maak seker dat die water goed dreineer en dien een keer ’n maand Vigorosa toe. ’n Ander opsie is om ’n verhewe bedding te maak met genoeg organiese materiaal daarin vir goeie dreinering; plant die rose daarin uit. Die

wortels sal dan koeler wees, veral met ’n deklaag bo-oor.

Jennifer Simmons van Oos-Londen skryf

Eerstens het jy die regte rose gekies; floribunda-rose is bosagtig en blom oorvloedig, daarom staan hulle mooi uit teen grasse. Kies kompakte, laaggroeie­nde grasse wat nie vinnig versprei nie en ’n smal halm het soos baie van die Carex-variëteite (Carex ‘Amazon Mist’ en ‘China Blue’). Onthou, jy sal die gras gereeld moet wegsny sodat die rose plek het om te groei; en wanneer jy jou rose in die winter snoei, hou die stele lank genoeg dat dit bo die gras kan uitsteek en die son vang ten einde uit te loop en te blom.

ludwigsros­es.co.za

 ??  ?? KONTAK
Ek wil graag ornamentel­e grasse tussen my ‘Amarula Profusion’- en ‘Deloitte & Touche’-rose plant vir ’n natuurlike­r voorkoms. Wat stel julle voor?
Ludwig antwoord
KONTAK Ek wil graag ornamentel­e grasse tussen my ‘Amarula Profusion’- en ‘Deloitte & Touche’-rose plant vir ’n natuurlike­r voorkoms. Wat stel julle voor? Ludwig antwoord
 ??  ?? ‘Forever Delight’
‘Forever Delight’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa