Tuis

Vars idees met ’n spatsel kleur

’n Enkele kleur kan van enige ruimte ’n wenner maak.

- Deur Shané Barnard Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk en Shelly Bergh

Trippe, trappe, trone

In ’n andersins neutrale deel van Stefan Blom en Albie du Toit se huis in Groenpunt, Kaapstad, maak ’n stel trappe in ’n waaghalsig­e skakering van groen ’n groot impak. Hulle het die trap geverf ná hul heel eerste besoek aan Amsterdam. “Dit herinner ons aan die vars kleure van die stad, die welige grasvelde in Nederland – selfs die binnekant van ’n blom!” vertel Stefan.

Handewerk

Annamarie en Dirk Blom het dié oulike muurkuns op die stoep van hul huis op Bettysbaai geskep sodat almal wat vakansies hier kom kuier, heeljaar in hul gedagtes en by hulle is. Die muur is geverf in Dulux Weathergua­rd, en hul eie hand-afdrukke is saam met dié van hul vier seuns, dié se wederhelft­es en hul ses kleinkinde­rs met wit verf teen die muur aangebring.

“Voor die verwoesten­de brande in 2019 op Bettysbaai het die groen die bome en bossies in die omgewing aangevul; nou herinner dit ons aan hoe kosbaar die natuur is,” vertel Annamarie.

Goue (m)uur

Fred en Cassandra Cockrell het nog altyd die kuns van Frida Kahlo bewonder, daarom het hulle hul wegbreekpl­ek op Langebaan “Casa Kahlo” gedoop. ’n Vrolike geel muur by hul braaiplek digby die kombuis skep lieflike kontras met die kombuis se grys kassies. “Ons wou graag die opgewekthe­id van die Mexikaanse styl oordra,” vertel Cassandra. “Ons kuier heerlik in dié vertrek: maak potjiekos, bak brood en kook op die stofie wat die huis snoesig verhit in die winter. Op die eiland berei ons kos en mengeldran­kies!”

Die bamboes-dranktroll­ie kom uit Cassandra se ouerhuis en pas perfek by die Mexikaanse tema. Glasbottel­s in verskillen­de kleure wat sy oor die jare bymekaarge­maak het, verleen ’n tikkie glans op ’n smal uitstalrak voor die kombuisven­ster.

Sy ou laaie

’n Pasgemaakt­e tafel deur die kunstenaar Gabrielle Raaff se pa doen diens as haar kantoortaf­el; dit pas knus in die hoek van die oopplan-siten-eetkamer in haar huis in Lakeside. Van hier het sy ’n lieflike uitsig op die tuin en haar ateljee. “My pa het altyd dryfhout opgetel wanneer hy op Kommetjie se strand gaan stap het. Hy sou dan ure in sy werkwinkel deurbring en meubels maak,” onthou sy. Die oorspronkl­ike kleure van die dryfhout skep interessan­te detail en tekstuur op die laaie. “Vir my sit die tafel se skoonheid in sy tapse pote, smal afmetings en, natuurlik, dat dit soveel persoonlik­e betekenis het.”

’n Oulike hanglamp ontwerp deur Porky Hefer, wat Gabby jare gelede by Design Indaba gekoop het, gee die ruimte ’n speelse gevoel. Kunswerk getiteld Thrown II deur Gabrielle Raaff

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa