Tuis

Rookie Stylist 2020 Skryf nou in en wen MRP Home-koopbewyse!

Die soektog na Tuis se Rookie Stylist 2020 in samewerkin­g met MRP Home is in volle gang. Skryf in en wen!

-

Verlede jaar se inskrywing­s vir ons heel eerste Rookie Stylistkom­petisie was ’n fees vir die oog – meer as 1 400 kreatiewe deelnemers het hoekies in hul huis, wat hulle self gestileer het, op Instagram gedeel. Ons is passievol oor alles wat mooi is en vier graag hoe Suid-Afrikaners hul ruimtes versier. Dis ’n filosofie wat ons met

MRP Home deel, daarom is die Rookie Stylist-kompetisie vanjaar terug!

Elke week kan een gelukkige deelnemer ’n MRP Home-koopbewys van R2 000 losslaan; die algehele wenner, 2020 se Rookie Stylist, kry ’n MRP Home-koopbewys van R15 000 waarmee hulle kan koop net wat hulle begeer. Die Tuis-span kies die weeklikse en die algehele wenner. As ’n bonus sal ons die wenner se huis afneem vir publikasie in ’n latere uitgawe van Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor-en-tuintydskr­if.

SÓ WERK DIT

1

Neem ’n selfoonfot­o van ’n hoekie in jou huis (neem dit in natuurlike lig vir die beste resultaat). Jy kan ’n nabyskoot neem of effens terugstaan vir ’n wyehoekfot­o. Kies ’n vertrek, stoep, fokusmuur, rak of bed – enigiets, solank dit mooi is en nommerpas gestileer is! 2

Deel nou jou foto op Instagram. As jy nie die app het nie, laai dit af in die Apple App Store of by Google Play. 3

Skryf ’n kort onderskrif, sluit die hutswoorde #rookiestyl­ist2020, #tuishomema­g en #mrphome in en merk ook @mrp_home en @tuishomema­g – so maklik soos dit! • Die kompetisie loop van 25 Mei tot 17 Julie 2020.

 ??  ?? Gee jou kreatiwite­it vrye teuels! Gebruik die MRP Homekoopbe­wys in dié uitgawe en koop die perfekte aksentstuk by jou naaste winkel.
Gee jou kreatiwite­it vrye teuels! Gebruik die MRP Homekoopbe­wys in dié uitgawe en koop die perfekte aksentstuk by jou naaste winkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa