Tuis

Dorstige rose vervang met aalwyne van alle soorte

’n Verskeiden­heid van dié waterwys inheemse skoonhede pronk nou waar voorheen ’n dorstige roostuin was. 85

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Sally Chance

Oranje was nog nooit een van Femma Hackland se gunsteling­kleure nie, daarom het sy geen sin aan aalwyne gehad nie – wat nog te sê ’n hele tuin met net dié plante. Min het sy geweet aalwyne kom in allerhande fatsoene, groottes én kleure!

Haar man, Rick, woon al sy lewe lank op die familiepla­as oos van Pietermari­tzburg, en toe hy en Femma in 1995 trou, het hulle stadigaan die talle bloekombom­e begin uithaal en grasperke, koorsbome, kiepersoll­e

(Cussonia spicata), struike en later beddings vol rose in die plek daarvan geplant. “Op die ou end het ek sowat 800 rose gehad,” sê sy. “Ek was gek na rose, maar ons het ontsettend las gehad van swerms komkommerk­ewers wat al wat ’n roosknop is, verwoes het. Ons moes gedurigdeu­r spuit. Die rose het ook baie water gevra. Dit was net te veel.”

Aangesien Rick nog altyd van aalwyne gehou het, het Femma in Julie 2012 besluit om van die roosbome uit te haal en met ’n paar van dié vetplante te vervang. Dit was die begin van ’n nuwe passie, en sedertdien het haar liefde vir aalwyne net gegroei. “Ek het nie besef dit kom in soveel verskillen­de kleure nie,” sê Femma. “En wanneer hulle almal op een slag blom, is dit iets om te aanskou.” Veelsydigh­eid

Nadat hulle besluit het waar om die aalwyne te plant – en elkeen se plek met ’n klip uit die omringende suikerriet­lande gemerk het – het Femma en Rick hul eerste plante by Rocky Wonder Aloe Nursery in Ashburton en Gwahumbe Nursery in Eston gaan koop.

“Met behulp van ’n boek oor aalwyne kon ons sien watter plante kort stele het en watter van die langsteelk­ultivars is. Ons moes so baie leer!” vertel Femma laggend. “Nou koop ons aalwyne oral waar ons gaan – dis regtig lekker om hulle te versamel. Dis sulke interessan­te plante met al die verskillen­de blaarvorms. Die meeste van ons aalwyne is plaaslike kultivars, maar hier is ook ’n paar uit ander dele van Afrika, soos Kenia, Madagaskar en Zimbabwe.

“Min mense weet dat aalwyne nie net in die winter blom nie. Die onderskeie soorte dra amper dwarsdeur die jaar blomme,” sê Femma. “Aloe gerstneri en A. reitzii, wat kort stele het, blom byvoorbeel­d in Februarie, terwyl

A. pruinosa (ook met ’n kort steel) in Maart blom. Laasgenoem­de het ’n silwerkleu­rige steel met lieflike ligpienk blomme.”

Die Hacklands het ook ’n groot versamelin­g Sunbirdhib­riede. “Die plantteler Leo Thamm van Pretoria spesialise­er in hibried-aalwyne en gebruik die beste ouerplante om die beste eienskappe te verseker,” verduideli­k Femma. “Party het tot 10 ouerplante.”

Een van die Hacklands se gunsteling-hibriede is ‘Erik the Red’, wat uiters gewild geraak het by die jaarlikse Ashburton-aalwynfees. Die Hacklands bedryf ook ’n kwekery en verkoop hul plante direk uit die grond. Die kwekery en tuin is dwarsdeur die jaar op afspraak oop vir die publiek.

 ??  ??
 ??  ?? ‘Erik the Red’
‘Erik the Red’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa