Tuis

35

- redakteur@tuis.co.za

dae van inperking laat ’n mens nuut dink oor die lewe, en gee jou boonop insigte wat jy voorheen nie gehad het nie. Vyf weke op hok is, wel, ’n buitengewo­ne ervaring. Hier is ’n dagboek van my gewaarword­inge gedurende my eie kluisterbe­staan in Maart en April. Ek hoor graag ook joune – stuur vir my ’n e-pos!

Intussen, geniet die stelselmat­ige vryheid, en dra beslis die gesigmaske­r wat ons gratis by dié uitgawe insluit wanneer jy dit buite waag. Was hom voor jy dit die eerste keer gebruik (ook ná elke keer se dra), en bedek altyd jou neus en mond daarmee as jy uitgaan – ’n moet in hierdie onseker tye!

Dag 1 Skeer! Kam hare! Trek kraaghemp aan! Werk is werk, al sit jy by die eetkamerta­fel.

Dag 2 Kies ’n mooi agtergrond vir jou Teams-videoverga­derings, want wie wil nou in ’n kaal muur vaskyk? Eerste indrukke tel. Dag 3 Sjoe, die hond verloor regtig baie hare…

Dag 4 Hoe weet ’n mens wie het kinders? Kyk mooi as jy weer ’n videoverga­dering hou. Pa’s en ma’s knip nie ’n oog as ’n bord op die agtergrond kletterend val of die hond ontplof oor hy die bure se kat in die tuin sien nie. Onversteur­baar, hulle. En deel teregwysin­gs sommer so sydelings uit: “Go away, I’m in a meeting, pour your own juice.” Net so. Volgende punt op die agenda?

Dag 5 Facetime met jou 81-jarige ma is ondanks jou beste pogings ’n gesprek met die plafon in haar huis. Ware verhaal, sien foto’s...

Dag 6 Amper ’n week! Dalk moet ek tog maar tyd gemaak het vir die haarkapper. Korona-krulle is nie Jennifer Aniston van Friends se “The Rachel” nie. (Nota aan self: Skakel voortaan kamera so ver moontlik af tydens aanlynverg­aderings.)

Dag 7 Kwaai e-pos van die enigste kollega wat wel haar kamera aangehad het. “Vir wat sit almal hul kameras af, wat is dan die punt van videoverga­derings? Dit gebeur heeltyd en dan sit ek alleen en ‘exposed’ met my gesiggie daar.”

Dag 8 Ek wens ek het ’n naaimasjie­n gehad. Dis my volgende “life skill”, nie meditasie nie.

Dag 9 Waar kom al die skottelgoe­d vandaan?

Dag 10 Onrusbaren­de toename in hondehare. Kort ’n sterker stofsuier. Huishulp kort ’n verhoging.

Dag 11 Ja, ’n mens kan ’n hele ete beplan rondom die ses sakkies wegneem-sojasous wat nou in jou pad op die toonbank lê ná jy die kombuislaa­ie ge-Marie Kondo het. #morsniks

Dag 12 My soesji-verslawing is erger as wat ek gedink het. Minstens 100 paar eetstokkie­s uit dieselfde kombuislaa­i.

Dag 13 Winter is coming. Teen eenuur nog in my pajamas, geen videoverga­derings meer nie, net stemme. Het ek al tande geborsel vandag?

Dag 14 Aanstekers vir kaggel is op. A! Soesjiesto­kkies!

Dag 15 Wat, Goeie Vrydag? ’n Langnaweek?

Dag 16 Jy wil hê ek moet die inkopies ook was, soos skottelgoe­d? Dag 17 O, die internet! Die wonderlike, onvolprese, lewensvera­nderende, sielsredde­nde, allernoods­aaklike internet …

Dag 18 O, die internet! Die treurige, stadige, geduldbepr­oewende, stotterend­e, allernoods­aaklike internet …

Dag 19 Gelukkig is daar nog tydskrifte. Tydskrifte is koning. Dag 20 Ek gebruik baie meer suiker as wat ek dink.

Dag 21 Laaste bottel wyn klaar. Sien, dis toe nie regtig noodsaakli­k nie.

Dag 22 Ongevraagd­e opmerking van wederhelf ná soveelste aanlyn-vergaderin­g: “Praat, praat, praat – is dit al wat julle heeldag doen?” Dit blyk wyn is wel noodsaakli­k.

Dag 23 Dis nid at eknie kn tikk nie, my vigners is dronk van ald ie handwasmid­l.

Dag 24 Facetime amptelik herdoop tot Fringetime, want ek sien nou al my ma se kuif (en voorkop). Ware verhaal. Sien foto.

Dag 25 Goed wat jy nie wil hoor in ’n videoverga­dering nie? “Laat ek net my skerm kantel, ek het nie ’n bra aan nie.”

Dag 26 ’n Misvormde witbrood is nie ’n ciabatta net omdat die kafee op die hoek die woord ciabatta daarop geskryf het en toe R27 daarvoor gevra het nie.

Dag 27 Bakpoeier wat ’n jaar terug verval het, is net poeier.

Dag 28 Nog skottelgoe­d. Borde en glase het kleintjies gekry, met die nuutste sak inkopies tussenin.

Dag 29 Steggies maak sit nie in elkeen se broek nie.

Dag 30 Wie op aarde het besluit die 12-uur-kanon in Kaapstad is noodsaakli­k?

Dag 31 Google: “Is pet grooming an essential service?” Toe nie. Dag 32 As iemand die sleutel soek vir kajuit 702 op die Griekse veerboot Nissos Rodos, dis by my.

Dag 33 Ken iemand die storie agter Bheki Cele se fedora? En het hy al ooit ’n groot hond op ’n klein werf moes besighou?

Dag 34 Ry apteek toe vir Rescue Remedy. Ook vir die hond.

Dag 1-35 Donald Trump. Regtig?

 ??  ?? Korona-krulle
Korona-krulle
 ??  ?? Dag 24
Dag 24
 ??  ?? Dag 5
Dag 5
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa