Versier SOOS ’N KENNER!
Stel jou innerlike stilis vry met dié pragtige kopies van MRP Home.
DIE KUNSTENAAR
Leoni Aucamp van Hermanus werk saam met MRP Home in hul jongste Colab-reeks wat matte, strooikussings, komberse, plekmatte, geskenksakke, notaboeke en lyfsorgprodukte insluit.
Hoe skep jy jou kuns?
Ek gebruik ’n eko-druktegniek: Natuurlike blare word tydens ’n kook- en stoomproses op hennepstof en papier oorgedra vir elke unieke kunswerk.
Wat het dié samewerking geïnspireer? Die tema is “erfenis” en ek woon in ’n fynbosryke gebied, daarom het dit my perfek gepas! Ek word veral geïnspireer deur die pragtige Protea nitida, een van die min Protea-spesies wat so groot soos ’n boom word en veldbrande kan oorleef. In my werk gaan dit alles oor samewerking met die natuur, en ek glo dat ons almal ook meer met mekaar kan saamwerk.
• Sien Leoni se kuns by aucamp.studio.