Tuis

Handgemaak

-

Toe Izette Carinus onlangs haar gastehuis, Fransmansh­uijs op Stellenbos­ch, opgeknap het, het sy gedroom van ’n mooi geborduurd­e kopstuk met ’n regte Afrika-gevoel (regs). “Ek kon nêrens die regte materiaal in die regte grootte kry nie, en het toevallig die mooiste geborduurd­e lap op Mapula Embroideri­es, ’n kuns opheffings­projek, se Face b ook-blad raakgesien,” vertel sy.

Izette het dadelik drie verskillen­de stukke borduurkun­s wat deur drie verskillen­de vroue gemaak is, gekoop en ’n vierde vrou het die stukke aan mekaar vasgewerk en tussenin geborduur sodat die drie lappe een groot kunswerk geword het. “Elke steek is met die hand gemaak!”

Die “kunswerk” het groen omboorsel gekry en stoffeerde­rs het dit in ’n kopstuk omskep. “Dis wel nie ’n standaardg­rootte nie. Omdat die lap vir my so mooi is, het ek die stoffeerde­r gevra om dit so groot moontlik te maak sodat niks van die borduurwer­k verlore sou gaan nie.”

Wenk Laat maak bypassende strooikuss­ings van lap wat jy op uitverkopi­ngs raakloop, soos Izette hier gedoen het met materiaal van Hertex.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa