Tuis

Koel langs die kus

50

-

Toe Guy en Andrea Osler besluit om die stad se gejaag te verruil vir ’n rustiger leefstyl, was ’n permanente skuif na hul vakansiehu­is op Struisbaai die logiese keuse.

“Ons was nog altyd gelukkig op Struisbaai,” sê Andrea, ’n vryskut-kommunikas­iekonsulta­nt. “Ons het aanvanklik gedink ons sou vir ’n jaar of twee hierheen trek, maar ná ses maande het ons geweet ons wou nie teruggaan Kaapstad toe nie. Ons dogters, Daniela (11), Sofia (10) en Isabelle (3), het floreer in die stiller omgewing. Ons is lief vir ons huis en hoe naby dit aan die strand is – Guy se passie is diepseehen­gel en ek en die meisies hou van branderpla­nkry.”

Die Oslers het in Januarie 2019 ingetrek nadat hulle ’n groot deel by die bestaande kothuis aangebou het. ’n Praktiese kombuis was hoog op die lys vir Andrea, wat hou van kook en geleenthed­e skep wat mense bymekaarbr­ing. Sy het van die begin af geweet sy wil ’n oopplan-kombuis hê wat met die sit- en eetkamer skakel. Jaco Louw van Tip of Africa Creations is ingeroep om al die kaste, asook ’n pasgemaakt­e wynrak bo die yskas, te bou en te installeer.

Die eiland met sy treffende teëls is die apploustre­kker in die ruimte.

“Ek wou hê die kookvlak op die eiland moet na die leefarea wys, want ek hou daarvan om met vriende en familie te gesels terwyl ek kosmaak. Wanneer ek hier kook, voel ek soos die ster van ’n kookprogra­m!” Die eiland is ontwerp met oorgenoeg pakplek, sê Andrea. Net onder die kookvlak is ’n groot speserylaa­i byderhand; daaronder is diep laaie vir potte, panne en borde, asook vlak laaie vir eetgerei en ander gereedskap.

’n Aparte opwaskamer agter die kombuis het ekstra pakplek sodat dié vertrek netjies kan bly; dis ook ideaal om vuil skottelgoe­d uit die oog te hou wanneer hulle kuiergaste het.

Andrea het nog altyd gedroom van ’n ligblou kombuis, en sy versamel al sedert haar en Guy se troue blou, turkoois en seegroen dienborde en bakke van alle groottes. “Baie is geskenke, want vriende en familie dink aan my wanneer hulle ’n bak of bord in ‘my kleure’ sien!” Blou kombuiskas­te was daarom die voor die hand liggende keuse.

 ??  ?? Teëls gelê deur Fred Retief van Disa Renovation­s
Sweefrakke is funksionee­l en perfek om hartsgoed uit te stal. Hanglampe van Block & Chisel
Teëls gelê deur Fred Retief van Disa Renovation­s Sweefrakke is funksionee­l en perfek om hartsgoed uit te stal. Hanglampe van Block & Chisel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa