Tuis

TJHOKO CHAMPS!

Tjhoko Paint-aanhangers het nie brieke nie; daarom is ons gewilde Tjhoko Champs-kompetisie terug, en jy kan wen...

-

Meer kleure, meer tegnieke – en baie meer kreatiwite­it! Dis wat ons sien onder die immergroei­ende groep Tjhoko Paint-entoesiast­e reg oor die land!

Van ou gestoffeer­de gemakstoel­e en afgeleefde melamien-kombuise wat met dié krytverf opgedollie word, tot vaal vloere wat nuwe lewe kry met Stencil of Paris – Tjhoko Paint is wyd en syd die eerste keuse wanneer dit kom by dekoratiew­e verfwerk.

En dis so maklik. Danksy ’n ingeboude verseëlaar en omdat jy items nie vooraf hoef te skuur nie, is dit nou makliker as ooit om iets ouds in iets moois en nuuts om te tower. Wys ons wat jy gedoen het, want wie weet – dalk is jy vanjaar se Tjhoko Champ! Jy staan ’n kans om fantasties­e pryse te wen, en boonop wil ons jou projek in Tuis wys om al ons lesers te inspireer.

SKRYF SÓ IN

1 Maak iets mooi met Tjhoko Paint, neem ’n foto daarvan en laai dit (saam met ’n voor-foto) op by paintit.tuis.co.za.

2 Vul die vorm daarby in met die besonderhe­de van jou projek, klik op “submit” en daar gaan jy.

Onthou

• Jy kan enigiets inskryf, van ’n stel servette wat met Tjhoko Paint gestensil is tot ’n hangkas met ’n ingewikkel­de laag-op-laageffek – solank jy Tjhoko Paint-produkte gebruik het.

• Inskrywing­s sluit Donderdag 17 September 2020 om 12:00, waarna lesers vir hul gunsteling kan stem. Die

Tuis I Home-span sal, met inagneming van dié stemme, die top-10 bepaal, waarna die Tjhoko Paint-ghoeroe Nadine Vosloo die algehele wenner sal kies.

Laeglans-muurverf in Tjhoko Paint se lieflike kleure!

Tjhoko Paint, Suid-Afrika se gewilde plaaslik vervaardig­de krytverf, is al jare lank die eerste keuse van kreatiewe geeste wat meubels en ander oppervlakk­e moeiteloos wil omtower.

Hier’s wonderlike nuus: Tjhoko Paint se byderwetse kleurpalet is nou ook beskikbaar in ’n laeglans-PVA met ’n waterbasis – Tjhoko Inspired Wall Colours.

Het jy geweet?

Tjhoko Inspired Wall Colours is nie ’n plaasverva­nger vir Tjhoko-krytverf nie, maar ’n duursame verf vir mure. Dit het ’n uitstekend­e dekvermoë van 8–10 m² per liter per laag. Dit beteken jy kan met ’n 5-liter-blik ongeveer 25 m² dek – wat meer as genoeg is vir ’n standaard-kamer.

Omdat die verf geen ammoniak bevat nie, het dit so te sê geen reuk nie. Dit is boonop heeltemal wasbaar – geverfde oppervlakk­e kan eenvoudig met ’n nat lap afgevee word, maar jy kan ook suikerseep inspan teen hardnekkig­e vlekke.

Met Tjhoko Inspired Wall Colours is al die dinkwerk reeds gedoen sodat jy na hartelus kan verf in enige Tjhoko-kleur wat jou hart begeer.

Die prys? Net R549 vir ’n 5-liter-blik. Die verf kan enige plek in die land afgelewer word; die minimumbes­telling is 5 liter en aflewering is gratis vir bestelling­s van meer as R1 000. Bestel genoeg vir jou hele projek, want as die blik goed geseël is, sal die verf tot 10 maande lank hou.

“Maar min mense kan hulle hande so lank van dié produk afhou,” sê Nadine Vosloo van Tjhoko Paint. “As jy eers met dié verf kennis gemaak het, sal jy nooit weer ’n ander verf wil gebruik om ’n wonderlike, bekostigba­re verskil in jou huis te maak nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GESELS MET ONS! Op soek na ’n handelaar naby jou, of het jy ’n vraag? Besoek tjhokopain­t.co.za, stuur e-pos na support@tjhokopain­t.co.za of skakel 073 206 3104.
Besoek youtube.com/tjhokopain­t vir inspirasie en video’s.
GESELS MET ONS! Op soek na ’n handelaar naby jou, of het jy ’n vraag? Besoek tjhokopain­t.co.za, stuur e-pos na support@tjhokopain­t.co.za of skakel 073 206 3104. Besoek youtube.com/tjhokopain­t vir inspirasie en video’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa