Ougoed of hougoed?
75
Talle huiswarewinkels hou ’n groot verskeidenheid matte in klassieke ontwerpe aan. Kyk gerus by Haus (hertexhaus.co.za), Superbalist (superbalist.com) of Morelli Rugs (morellirugs.co.za).
Ons het al soortgelyke Acapulco-stoele by Leroy Merlin (leroymerlin.co.za), Mad Chair Company (madchaircompany.co.za), Esque (esque.co.za) en Elevenpast (elevenpast.co.za) gesien.
Sivan Goren van Westdene, Johannesburg skryf My lewensmaaat het hierdie skildery,
deur Marianne Podlashuc, geërf. Kan julle my meer oor die skilder vertel, en hoeveel die kunswerk werd is?
Die Nederlands gebore Marianne Podlashuc was ’n na-oorlogse skilder wat in 1932 gebore is. As kind het sy die gruwels van die Nazi’s se besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorlog aanskou en dit het ’n onuitwisbare indruk op haar gelaat. In haar invloedryke publikasie Art & Artists of South
Africa (1983) noem Esmé Berman dat Podlashuc ’n diepgaande sosiale gewete gehad het – iets wat sy in kragtige, gestileerde beelde van minderbevoorregte gemeenskape geprojekteer het. Podlashuc het in 1953 na Suid-Afrika gekom.
Haar skildery Three Boys het roem verwerf toe Penguin Books dit op die voorblad van Alan
Paton se Cry the Beloved Country gebruik het.
Hayden Proud het ook geskryf hoedat die openlike uitdrukking van haar sosiale gewete in haar kuns ’n voorloper was van die luim van heelwat van die polities gemotiveerde kuns wat Suid-Afrika opgelewer het toe teenkanting teen
die apartheidsregering in die sewentiger- en tagtigerjare verskerp het. Haar werk spreek van ’n sosiale gewete wat nogal gewaagd was in die tyd toe dit geskep is, en haar bewustheid van wat destyds rondom haar gebeur het, gee die onderwerp van haar kuns ’n soort uitdrukkingsvolle maatskaplike realisme.
Die meeste kunstenaars wat gedurende die 1960’s in Suid-Afrika geskilder het, het hulle op abstraksie toegespits, en Podlashuc se figuratiewe werk onderskei haar van die hoofstroom. Haar kuns is al in die SMAC Gallery op Stellenbosch uitgestal en ook op verskeie veilings aangebied, waar pryse van ’n paar rand tot net onder
R90 000 (in 2013) behaal is.
Sy is in 2004 oorlede. Haar eggenoot,
Alexander Podlashuc, was ook ’n skilder.
Die onderwerp en palet van hierdie bepaalde skildery is nie besonder duidelik nie. Dit kan die aantrekkingskrag en waarde daarvan beïnvloed.
OUDERDOM 20ste eeu
WAARDE Tussen R10 000 en R15 000 KONTAK aspireart.net