Tuis

’n Rustige Koringberg-huis dra by tot dié kunstenaar se produktiwi­teit

Vandat die kunstenaar Pippa Lea Pennington ’n ruim huis in Durban vir ’n kompakte kothuis op Koringberg verruil het, leef sy skielik soveel groter.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Francois Oberholste­r

Met ’n bevolking van net oor die 1 000, warm, droë somers en golwende geel koringland­e

is Koringberg wêrelde verwyder van die tropiese KwaZulu-Natalse kus. Maar die Durbaniet Pippa Lea Pennington het dadelik haar hart verloor op die rus en stilte toe sy ’n paar jaar gelede dié koringboer­derygemeen­skap in die Swartland besoek het om by haar vriendin Anna Kemp te kom kuier.

“Ek het verlief geraak op die landskap en berge, en die vryheid om by jou voordeur uit te stap en jou binne twee minute in die naaste koringland te bevind,” sê Pippa. “In 2015, met my derde besoek, het ek na dié huis kom kyk. Al was dit nou nie juis ’n paleis nie, het ek ’n aanbod gemaak.”

Die huis uit die laat sewentiger­jare het heelwat pluspunte gehad: dit front noordoos (ideaal vir warm somers en koue winters), staan op ’n 1 350 m²-erf, en is stewig gebou in ’n eenvoudige styl. Wat die knoop deurgehak het, was die ruim dubbelmoto­rhuis wat Pippa, ’n kunstenaar, in ’n ateljee kon omskep.

“Ongelukkig het die huis goedkoop, lelike afwerkings van voor tot agter gehad, asook ’n afgryslike swart teëldak en onsmaaklik­e pers-pienk verf aan die buitemure. Dis boonop heelwat kleiner as al my vorige huise, daarom moes ek mooi beplan hoe ek dit as werkplek vir myself sou inrig, én as kuierplek vir my twee volwasse seuns tussen hul studies deur,” verduideli­k sy.

Pippa het in die “bloedige hitte van Januarie 2016” ingetrek – met ’n groot opknap op ’n klein begroting in die vooruitsig. >>

Ek wil hê my lewe moet eenvoudig en ongekompli­seerd

wees, ’n goeie rede om nie te veel pakplek te hê nie. – Pippa

Klein huis, groot lewe

Tipies van ’n klein gemeenskap was die Koringberg­ers vrygewig met hul raad. “Ek het behoorlik die vriendelik­e inwoners se kennis getap. Waar ek kon, het ek plaaslike vakmanne gebruik en die boumateria­al en afwerkings op die nabygeleë dorpies Piketberg en Moorreesbu­rg gekoop,” verduideli­k Pippa.

Heel eerste het sy die dakteëls met wit Chromadek-plate vervang, en al die ou staalraamv­ensters en stukkende deure met hout. Al die afwerkings is uitgehaal – van die toebehore in die badkamer en kombuis tot die vloerteëls.

“Ek het nou met die bouer saamgewerk, al die materiaal self bestel en seker gemaak dis op die perseel wanneer die bouer dit nodig gehad het. Só het ek tyd en geld bespaar. Die dak, deure en vensters was my grootste uitgawe, maar dit was elke sent werd,” sê Pippa.

Sy het in Maart 2015, ná twee maande se werk, ingetrek, maar die huis was nog ’n “deurmekaar­spul van epiese proporsies”. Met die hulp van ’n paar ongeloofli­k talentvoll­e en vindingryk­e plaaslike vakmanne kon sy die afwerkings takel. “En my Afrikaans is nou strate beter!”

Luister jy so na hoe liries Pippa oor haar nuwe lewe op ’n kleiner plekkie gesels, is dit duidelik nie net haar Afrikaans wat nou beter is nie. “My lewe op Koringberg kan nie méér verskil van my lewe in Durban nie, maar ek kan my nêrens anders voorstel nie. Ek is ’n kunstenaar, en ek kan enige plek werk; ek hoef nie in ’n stad te woon nie. Ek put eindelose inspirasie uit die landskap en verken graag die omgewing.

“Ek sal nooit moeg word van hier woon nie. Die berge lyk elke uur van elke dag anders – soms is dit glashelder en ander kere is dit so mistig dat jy dit skaars kan sien. Dis so lekker om onder die sterre huis toe te stap nadat ek iewers gaan eet het, en ek voel net so gelukkig. Soos iemand onlangs vir my gesê het: klein huis, groot lewe.” >>

[DIE SLAAPKAMER­S]

“Die twee slaapkamer­s is klein, maar die uitsig maak ’n groot verskil,” sê Pippa. Die hemelbed in die hoofslaapk­amer lei die oog boontoe, wat die illusie van ruimte skep. “Dié bed kom uit my huis in Durban; ek was nogal benoud toe ek dit weer begin aanmekaars­it – ek was bang dis dalk te groot vir die vertrek! Ek versier die bed volgens my luim en ek is dol oor die Indiese styl. Ek kan India Ink se lap nie weerstaan nie; die kleur en tekstuur kan enige vertrek ophelder.”

[DIE BADKAMER]

“Die ou badkamertj­ie was ’n regte uitdaging,” sê Pippa. “Ek het die idee gehad vir die industriël­e staalleer; dit hou vier handdoeke met gemak en neem nie veel ruimte in beslag nie. Die wasbakkas het ook ’n rak vir handdoeke en ander linne. Ek het ’n aparte toilet langs die opwaskamer aangebou.”

Die finale afronding

As ’n kunstenaar wat meestal met olieverf werk, het Pippa komposisie en die kleure van die landskap in ag geneem toe sy ’n kleurpalet vir die huis gekies het. Sy verduideli­k: “Die buitemure is dieselfde blou as my Plumbago se blomme; die vensters en deure is geverf in Plascon Soft Lead, ’n houtskoolg­rys-blou, met wit omrandings. Saam met die sagte bottergeel van die CreteStone-binnemure skep die palet ’n lieflike gevoel van buitelug en berge buite, en koringland­e binne.”

 ??  ?? Pippa het dakwaaiers en hortjies regdeur die huis laat installeer vir koelte in die somer en warmte in die winter. Kussings en dekens van India Ink Tigger is heel tuis in die hoofslaapk­amer. Die afdruk bo die bed is van ’n koraalboom; dis deel van ’n...
Pippa het dakwaaiers en hortjies regdeur die huis laat installeer vir koelte in die somer en warmte in die winter. Kussings en dekens van India Ink Tigger is heel tuis in die hoofslaapk­amer. Die afdruk bo die bed is van ’n koraalboom; dis deel van ’n...
 ??  ??
 ??  ?? Spieël en wasbakkas van Crystal & Twine; grys handdoeke van Mungo Design
Spieël en wasbakkas van Crystal & Twine; grys handdoeke van Mungo Design
 ??  ?? Vensters en deure van Swartland Windows and Doors; verfwerk en afwerking deur Willem Jagers Danksy ’n nuwe Chromadek-dak, gesellige stoep, houtvenste­rs en -deure en ’n natuurlike kleurpalet het Pippa die huis verander van “ablusieblo­k” tot aanloklike,...
Vensters en deure van Swartland Windows and Doors; verfwerk en afwerking deur Willem Jagers Danksy ’n nuwe Chromadek-dak, gesellige stoep, houtvenste­rs en -deure en ’n natuurlike kleurpalet het Pippa die huis verander van “ablusieblo­k” tot aanloklike,...
 ??  ?? Pippa het die klimaat in ag geneem toe sy besluit het op naaswit afgevlakte sementvloe­re vir die hele huis (oorkant). Dit komplement­eer nie net die palet nie, maar laat die huis ook koeler voel wanneer die temperatuu­r in die somer die hoogte inskiet.
Pippa het die klimaat in ag geneem toe sy besluit het op naaswit afgevlakte sementvloe­re vir die hele huis (oorkant). Dit komplement­eer nie net die palet nie, maar laat die huis ook koeler voel wanneer die temperatuu­r in die somer die hoogte inskiet.
 ??  ?? Voor
Voor
 ??  ?? Kaste met dennehoutb­laaie gemaak deur Crystal & Twine op Riebeek-Kasteel
Kaste met dennehoutb­laaie gemaak deur Crystal & Twine op Riebeek-Kasteel
 ??  ?? Design Team-kussings van Arabesque; dekens van India Ink
Design Team-kussings van Arabesque; dekens van India Ink
 ??  ??
 ??  ?? Die huis het eers staalraamv­ensters gehad; nadat dit vervang is, het Pippa die sementomra­ndings bygesit.
Die huis het eers staalraamv­ensters gehad; nadat dit vervang is, het Pippa die sementomra­ndings bygesit.
 ??  ?? “Die skilderye wat hier staan, verander na gelang van wat in my ateljee is; hier staan soms werke wat oor is ná ’n uitstallin­g, of stukke wat nog uitgestal moet word,” sê Pippa.
“Die skilderye wat hier staan, verander na gelang van wat in my ateljee is; hier staan soms werke wat oor is ná ’n uitstallin­g, of stukke wat nog uitgestal moet word,” sê Pippa.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa