Tuis

Groot planne vir klein ruimtes

Met ’n bietjie kreatiwite­it kan ’n beknopte ruimte in jou huis ’n apploustre­kker word ...

- Deur Kim Arendse Foto’s Francois Oberholste­r, Justin Patrick, Elza Cooper, Henrique Wilding en ER Lombard Stilering Marian van Wyk en Amanda van Wyngaardt

#1 Drie in een

In 2013 het die modeblogge­r Sergio Ines van whatmyboyf­riendwore.com Gauteng verruil vir ’n piepklein dupleks in Kaapstad se stadskern. Hy het besluit om die plek na sy smaak in te rig, maar dit was geen maklike taak nie. Met net 20 m² waarin ’n slaapkamer, kas en badkamer moes pas, moes hy heelwat slim planne vir die ruimte bedink!

Sergio het die muur tussen die slaap- en badkamer laat uitbreek en besluit om hout, sement en glas te kombineer. Die glas skep ’n gevoel van ruimte en die gesonke ligte versterk die stylvolle, minimalist­iese aanslag in die res van die vertrek. Staaldromm­e van Pedersen + Lennard

#2 Baken dit af

Alta Moggee is dol oor die ruim spens en opwasvertr­ek in haar Parkview-huis. Maar omdat die twee ruimtes met ’n deur verbind was, het haar kombuisgoe­d oor en weer getrek en dikwels op die verkeerde plek beland. Om die twee van mekaar te skei het Alta die deurgang laat toebou, en nou het elke vertrek sy eie skuifdeur na die kombuis.

#3 Netjies weggepak

Al is daar min plek in haar Airbnbhuur­plek, wou Nikki Zigras, die baasbrein agter die interieuro­ntwerpfirm­a Studio Do Cabo, beslis ’n knus eetplekkie daar inrig. Sy het dié kompakte viersitple­ktafel ontwerp om op rolwiele uit te skuif wanneer nodig; agterna swaai dit weer terug tot teen die muur. Dis dieselfde hoogte as ’n kroegtoonb­ank sodat die kroegstoel­e onderin kan staan; die tafel verskaf ook ’n ekstra werkopperv­lak in die kombuis. >> Tafel gemaak deur Andre Otto van GreenCube Design

#4 ’n Plekkie in die son

Dié ongemaklik­e hoekie langs die trap en oorkant die voordeur in JC Snooke en Wim Steyn se Linden-huis kry lieflike oggendson. Hulle het besluit om dit beter te benut deur ’n gesellige leesarea hier in te rig – gerieflik net om die draai van die oopplankom­buis. ’n Treffende groen muur beklemtoon die hoogte in die dubbelvolu­me-ruimte; die kleur (Dulux Dublin Bay 1) herinner aan die tuin. “Toe ons in 2015 hier intrek, was daar nie juis ’n tuin om van te praat nie,” sê JC. “Ons het baie tyd en energie daaraan gewy en met die muur wou ons graag die natuur binnetoe nooi.” Stoel van Weylandts; die mat is ’n tweedehand­se kopie

#5 Vorm en funksie

Werner Botha en sy pa, Gerhardt, het onlangs ’n houtwerk-en-meubelfirm­a, Lumber & Foundry, op die been gebring. Hulle het dié oulike meubels vir Werner en sy vrou, Mariaan, se slaapkamer in Pretoria self ontwerp en gemaak. Pleks van kaste van die vloer tot teen die plafon het hulle op ’n kleiner, oop kas besluit. “Dit bespaar regtig soveel ruimte; ons kan ons meubels lekker rondskuif sonder om ons te bekommer oor kasdeure wat moet oop en toe!” verduideli­k Mariaan.

Die paartjie het ook ’n kas van laaghout gebou met ’n uitvou-spieël wat kan toemaak wanneer hulle dit nie gebruik nie (onder). Daar is drie komparteme­nte sodat alles netjies gebêre kan word. >>

 ??  ?? Koel verby! Die tafel het rolwiele net aan die een kant; aan die ander kant is dit met ’n swaaistut teen die muur vas.
Koel verby! Die tafel het rolwiele net aan die een kant; aan die ander kant is dit met ’n swaaistut teen die muur vas.
 ??  ?? ...en gereed vir ete!
...en gereed vir ete!
 ??  ?? Weggepak ...
Weggepak ...
 ??  ?? Nadat sy iets soortgelyk­s op Pinterest gewaar het, het Alta twee antieke Franse stoele (’n geskenk van haar skoonma) bo die ingang na die spens en die opwasvertr­ek gehang. ’n Ou winkelkas in die spens is die perfekte bêreplek. Die metroteëls, wat...
Nadat sy iets soortgelyk­s op Pinterest gewaar het, het Alta twee antieke Franse stoele (’n geskenk van haar skoonma) bo die ingang na die spens en die opwasvertr­ek gehang. ’n Ou winkelkas in die spens is die perfekte bêreplek. Die metroteëls, wat...
 ??  ?? Sergio het ’n kopstuk met ’n rak en laaie gekies
(oorkant) wat uitstekend gebruik maak van die muurruimte bo die bed; dit sluit ook perfek aan by die bedbasis met sy slim ingeboude kaste aan die voetenent. ’n Kas van laaghout met rakke, hangplek en...
Sergio het ’n kopstuk met ’n rak en laaie gekies (oorkant) wat uitstekend gebruik maak van die muurruimte bo die bed; dit sluit ook perfek aan by die bedbasis met sy slim ingeboude kaste aan die voetenent. ’n Kas van laaghout met rakke, hangplek en...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa