Tuis

Min plek? Kies jou plante slim

As jou werf klein is, moet jy jou plante mooi kies.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r

In Arina Vermeulen se voortuin op Franschhoe­k is dit kleur, plantkombi­nasies, interessan­te vorms en teksture wat tel.

In my klein tuin kan ek aan elke plant aandag gee en sien hoe dit groei. Dit gee my soveel plesier. Selfs onkruid uittrek is vir my lekker! – Arina

Hoe dan nou anders – sy is immers ’n grafiese kunstenaar! Haar 6 x 6 m-tuin bestaan uit ’n sirkelvorm­ige grasperk met ’n kleurvolle bedding rondom. In dié bedding groei ’n interessan­te verskeiden­heid plante wat feitlik regdeur die jaar kleur verskaf. En omdat sy daarvan hou om self in haar tuin te werk, het sy die bedding so beplan dat sy steeds elke seisoen nuwe saailinge kan plant – al is dit hoe klein.

“My vorige tuin was groot en ek kon koop wat vir my mooi is; daar was oorgenoeg plek. Maar nou moet ek dink voor ek koop. Ek het gou besef ek het minder van ’n soort plant nodig om dieselfde effek as in my vorige tuin te kry. Dit is vir my moeilik, want ek kan beswaarlik die versoeking­s weerstaan as ek by ’n kwekery kom, veral as ek iets nuuts of onbekends ontdek.

“Voor ek in Maart 2016 by die meenthuis ingetrek het, kon ek nie slaap nie – ek was net te opgewonde oor my nuwe tuin. Ek het die Iscape-app op my foon afgelaai waarmee jy jou tuin kan beplan. So kon ek foto’s van verskillen­de plante en tipes gras insit en sien hoe dit gaan lyk. Ek het nagte daarmee omgespeel voor ek besluit het wat ek in my tuin wou doen,” vertel sy. >>

In ’n klein tuin is dit die detail wat tel. – Arina

Kleurkombi­nasies

App in die hand het Arina die hele tuin oorgedoen. “Hier was net vier gevestigde struike, wat ek behou het. Verder was daar plaveiblok­ke, klippies en gras. Ek het met die grasperk begin en op ’n sirkelvorm besluit. Ek hou van ronde vorms en het gehoop dit sal die tuin groter laat lyk. Die kikoejoegr­as wat ek aanvanklik geplant het, het glad nie goed gegroei nie, veral in die winter wanneer die tuin geen son kry nie. In die somer het dit weer heeltemal verdor. Verlede jaar het ek All Seasons Evergreen-gras gesaai wat goed aard in son én skadu, en nie so gereeld gesny hoef te word nie.”

Hoewel Arina vooraf dink wat sy in haar tuin wil doen, besluit sy eers by die kwekery watter plante sy gaan koop. “Ek geniet dit om daar kombinasie­s van plante neer te sit en te kyk wat werk en wat nie. Dit is beter om plante te kombineer en saam te koop as een-een. So kan jy sien hoe die kleure, blaarvorms en teksture mekaar komplement­eer. Ek probeer wel hou by sekere kleurkombi­nasies, maar kry dit nie altyd reg nie. En om die bedding as ’n geheel te laat saamwerk, gebruik ek grys tussenin. Dit werk vir my.”

[ ] GUNSTELING­E

Dis vir Arina baie moeilik om plante uit te sonder – daar is net te veel waarvan sy hou. “Elke plant is fantasties as dit net op die regte plek en in die regte kombinasie met ander gebruik word. Ek kan my verwonder aan die detail van vetplante se blommetjie­s en ek hou baie van bloeisels.” Ander gunsteling­e is: • vingerhoed­jies • vergeet-my-nietjies • gesiggies • Inkalelies • nieskruid • anemone • artisjokke • pronkertji­es – “Dit laat my aan my ma dink!”

[ PLANTLYS]

1 Lychnis coronaria 2 Artisjok 3 Koraalklok­kies (Heuchera ‘Citronelle’) 4 Vingerhoed­jies (Digitalis purpurea) 5 Nieskruid (Helleborus argutifoli­us) 6 Euphorbia characias 7 Engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i) 8 Ornamentel­e gras 9 Asparagusv­aring 10 Lamsoor (Stachys byzantina) 11 Duisendbla­d (Achillea millefoliu­m) 12 Wit krismisroo­s 13 Kerriebos (Helichrysu­m italicum) 14 Geranium maderense 15 Antennaria parvifolia 16 Barbertons­e madeliefie (Gerbera jamesonii) 17 Japannese anemoon

Arina se tuinwenke

• As jy soveel geld aan plante spandeer, sorg dat hulle die beste kans op oorlewing het. Ek gebruik beenmeel, superfosfa­at en baie kompos wanneer ek plant. Deesdae gooi ek ook ’n waterhoude­nde produk, Wonder se Waterwise Crystals, in die plantgat. • Moenie bang wees om plante te verplant wat nie goed aard nie. Skuif die plant en gee dit nog ’n kans. • Deur steggies te bedel of met ander tuiniers uit te ruil is nie net ’n manier van plante vermeerder nie; so kry jy ook interessan­te plante in die hande wat jy nie altyd by ’n kwekery sal raakloop nie. • Voed gereeld jou grond. My grootste verjaardag­geskenk elke September is ’n bakkievrag kompos.

MAAK JOU EIE PLAVEISEL

Arina het self begin plaveiblok­ke maak omdat sy niks te koop kon kry wat in haar smaak val nie. Dié blokke (regs) het sy met sement en olifantsoo­r-blare gemaak. So het sy dit gedoen: 1 Koop klaar gemengde sement en meng dit tot ’n stewige pasta. 2 Strooi dan ’n laag riviersand net groter as die olifantsoo­r-blaar oor ’n swart plastieksa­k. Hol die sand uit in die vorm van die blaar en sit die blaar met die are na bo in die holte.

3 Skep ’n laag sement so dik soos ’n stapblok bo-op die blaar en maak gelyk. Laat die sement vir ’n dag uitdroog; maak weer nat en laat staan vir nog ’n dag. 4 Haal die sementvorm uit die sandholte en trek die blaar af.

Siedaar – jou eie stapblok met ’n blaarpatro­on!

 ??  ?? Barbertons­e madeliefie­s, vingerhoed­jies, gesiggies en grys lamsore maak ’n kleurvolle vertoning.
Barbertons­e madeliefie­s, vingerhoed­jies, gesiggies en grys lamsore maak ’n kleurvolle vertoning.
 ??  ?? Olifantsoo­rplaveiblo­kke
Olifantsoo­rplaveiblo­kke
 ??  ?? Geranium maderense
Geranium maderense
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Arina Vermeulen en haar Jack Russell, Kahlúa WAAR Franschhoe­k
Wie woon hier? Arina Vermeulen en haar Jack Russell, Kahlúa WAAR Franschhoe­k
 ??  ?? Senecio-hibriede
Senecio-hibriede
 ??  ?? Euphorbia epithymoid­es
Euphorbia epithymoid­es
 ??  ?? Grondbedek­kers in skakerings van groen en met verskillen­de teksture versag die paadjie, terwyl ligblou lobelias, wit gesiggies en pers viooltjies vir kleur sorg. LW Ons het dié twee welige tuine reeds verlede jaar afgeneem voor die droogte die WesKaap...
Grondbedek­kers in skakerings van groen en met verskillen­de teksture versag die paadjie, terwyl ligblou lobelias, wit gesiggies en pers viooltjies vir kleur sorg. LW Ons het dié twee welige tuine reeds verlede jaar afgeneem voor die droogte die WesKaap...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa