Tuis

Plant van die maand Malvas

Malvas is kleurvol én maklik om te kweek. Boonop blom dit vir lang tye in die lente en die somer.

- Deur Marié Esterhuyse •

Wat is nou mooier as ’n malva in ’n pot of ’n hangmandji­e, met helderkleu­rige blomme wat oor die rand tuimel? En danksy die groot verskeiden­heid kleure en groeiwyses om van te kies, is daar een vir elke pot en tuin!

Malvas, oftewel Pelargoniu­ms, is inheems, het min water nodig wanneer hulle eers gevestig is en is maklik om self te kweek. Boonop is ons pelargoniu­ms die oorsprong van die ornamentel­e gehibridis­eerde malva wat vandag oor die aardbol heen gekweek en geplant word.

Van die sowat 270 spesies pelargoniu­ms wêreldwyd kom meer as 200 natuurlik in SuiderAfri­ka voor – die meeste in die suidelike deel van die land, tussen Nieuwoudtv­ille in die weste en Port-Elizabeth in die ooste.

Deur die jare is malvas oor en weer gekruis om die wye verskeiden­heid wat ons vandag te koop kry, voort te bring. Dié hibried-malvas is geteel om die plante se beste kenmerke te beklemtoon – hetsy mooi of groot blomme, ’n interessan­te blaarvorm, maklike groeiwyse of geur.

Maar moenie vergeet van spesie-malvas nie – hulle is ook van groot waarde in ons tuine. Dink maar aan Pelargoniu­m tomentosum, P. quercifoli­um, P. radens en P. graveolens. Sommige spesie-malvas is kleiner groeiende plante wat uit droër gebiede kom en goed aangepas is met verdikte wortels en stingels; hulle aard goed in rotstuine en dele met min water.

Pelargoniu­m of Geranium?

Pelargoniu­ms, oftewel malvas, is oorspronkl­ik verkeerdel­ik as Geraniums geklassifi­seer. Dié fout is reggestel, maar die verwarring het bly voortleef en vandag nog word daar gereeld na Pelargoniu­ms verwys as Geraniums. Hoewel die twee plante lede van dieselfde Geraniacea­e-familie is, behoort dit nie tot dieselfde genus nie en is dit baie verskillen­d wat groeiwyse, saadverspr­eiding en voorkoms betref. Op die oog af is die verskil ook duidelik. Geraniums se vyf kroonblare is almal ewe groot en eweredig gerangskik. By Pelargoniu­ms is dit nie so nie. Die boonste twee kroonblare sit nader aan mekaar en ook weg van die onderste drie wat gewoonlik kleiner is.

Het jy geweet?

Die woord “pelargoniu­m” kom van die Griekse woord “pelargos” wat ooievaar beteken, want die saadkop lyk soos ’n ooievaar se bek.

Steggies is maklik!

Malvas groei maklik van saad, maar nog makliker van steggies. Plante wat van steggies groei, sal boonop binne 3 tot 6 maande blom. As jy in die lente of somer steggies maak, sal jy sommer vinnig suksesvoll­e groei kry. Jy kan ook in die herfs, wanneer die plante in elk geval teruggesno­ei word, die takkies wat jy afsny gebruik vir steggies. Doen dit so: 1 Kies ’n sterk en gesonde moederplan­t. Gebruik die boonste deel van ’n takkie waarvan die groei al hard is, maar nog nie houtagtig nie. Die takkie moet sowat 15 cm lank wees met drie tot vyf verdikking­s op die stingel. Sny die takkie net onder ’n blaar af met ’n skoon, skerp snoeiskêr. 2 As die takkie blomme aan het, sny dit af. Verwyder die blare van die onderste helfte, maar los ’n paar blare aan die bopunt van die steggie. 3 As dit ’n pelargoniu­m met groot blare is, sny elke blaar met ongeveer ’n derde kleiner om vogverlies te verminder. 4 Steek die steggie halflyf in ’n pot met goed gedreineer­de potplantgr­ond. Hou klam, maar nie nat nie. Sit die pot in die skaduwee en skuif dit son toe sodra die steggie nuwe blare vorm. 5 Wanneer daar genoeg wortels gevorm het, is dit reg vir uitplant. Toets dit so: Trek versigtig aan die plantjie; as dit weerstand bied, het dit genoeg wortels. >>

 ??  ?? Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Melissa Rautenbach
Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Melissa Rautenbach
 ??  ?? Onderste drie kleiner kroonblare Pelargoniu­m
Onderste drie kleiner kroonblare Pelargoniu­m
 ??  ?? Geranium incanum Al vyf blare eweredig gerangskik Boontste twee kroonblare na aan mekaar
Geranium incanum Al vyf blare eweredig gerangskik Boontste twee kroonblare na aan mekaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa