Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Kies kleurvolle bestanddel­e en eet met jou oë!

-

Varksteaks met dukkah en mango-salsa

Onder R120 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• 4 klein riboog-varksteaks • 45ml olie • 45ml dukkah • 1 klein komkommer • 1 ryp mango • ½ klein rooi ui, gekap

• 1–2 rooi brandrissi­es, ontpit en gekap • 100ml gekapte vars koljander • 15ml suurlemoen­sap • 5ml heuning • patattjips om voor te sit

1 Vryf die steaks oraloor met die olie en dukkah. Verhit ’n dikboompan tot lekker warm en braai die vleis tot goudbruin en deurgaar alkant. Laat rus eenkant terwyl jy die salsa maak. 2 Skil die komkommer, ontpit en sny in klein blokkies. Skil en ontpit die mango en sny in klein blokkies. Meng die ui, rissie, koljander, suurlemoen­sap en heuning by en geur rojaal met sout en peper. Sit die steaks voor met die salsa en patattjips.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa