Tuis

Agterblad Karin Brynard gesels

Dis een ding wat destyds nie geduld was nie: kru taal. Dit was die eerste skeur in ’n jong gemoed wat mettertyd sou rek tot die poorte van die ewige verderf, onthou Karin Brynard.

-

MMy ma was streng met woorde.

Ek het altyd die idee gehad sy kan hulle fisiek sien. Hul onstigteli­kheid s potensiaal van’ n myl a fin skat om betyds die skansmure op te werp.

Reg rondom die huis, het ek my verbeel, was daar onsigbare bordjies op die ogies draadheini­ng: Verboten. Netsy en dienare woorde kon dit lees.

Die voorhekkie, een van daardie soort wat ’n mens destyds by die koöperasie gekoop het, het ’n spesiale skree aan sy skarniere gehad. In my kinderlike wysheid het ek geglo dis een van Ma se waarskuwin­g sirenes.

Want my ma was immer paraat. Selfs wanneer sy rustig gelyk het – in haar koel werkkamer met haar naaldwerkr­aam opgestel, tientalle kleure gare rondom haar uitgepak. Soos ’n ou Rembrandt-prent het sy dan gelyk terwyl haar naald skakerings van blou weemoed op ’n oortrokke seetoneel weef. Selfs dan was die een oor gespits. My ouer sussies in die kamer langsaan kam mekaar se hare voor die spieël. “Eina, jou blerrie,” roep die een.

“Kinde-e-e-ers,” sou my ma vermanend roep, ’n ligte frons op die fynporsele­in van haar blas, adellike voorkop. Sy het diepgroen oë gehad. Verleë. Kwesbaar. Tot hulle ’n “skuins” woord gewaar. “Sién jy nou,” sê my oudste sus. “Gee terug die borsel.” “Ag, jou boude, man.” Dié keer steek my ma haar vinger raak. My ma se kinders het ’n ander woordeskat vir onder-die-rokgoed gehad. Ons meisies het byvoorbeel­d nie “broekies” gedra nie, maar “skirtjies”. Hoe sy dááraan gekom het, weet nugter.

Ons kinders het ook nie ge-wiewie of gepiepie of ge-nommereen nie. Ons het eerstens gefluister as daar behoefte was. En tweedens wou ons dan ’n “draaitjie maak”. Let wel, nie “loop” nie, dit was vir grootmense.

En nommer twee was om “’n drukkie te maak”. Hemel behoed, vandag se kinders lag hulle gatte af. Askies, Ma.

My beste maatjie se pa was die predikant. Hy was ’n stil, skaam man, maar in staat tot grondelose drif op die kansel. “Verdóémeni­s” was sy wagwoord. En dis waarheen die nare woorde met ons op pad was. Mits Ma op haar pos was.

Dis die klein jakkalsies ... sou sy verduideli­k. Ek dink sy het verwys na die kamma-sawwe woorde van ander kinders se huishoudin­gs. By ons het ’n meisie ’n “dingetjie” gehad. Maar by my maatjie se huis het hulle ge-“kwakkie” en ge-“paddatjie”. Daardie woordjies het my ma laat frons. Met “muis” het dit ook nie beter gegaan nie. En “tossie” sou sy voet nie oor ons drempels waag nie. Verdóémeni­s toe met hulle.

Die mans se privaat goed het gewoon nie woorde gehad nie. My kleinboeti­e het eendag van die skool af teruggekom en genoem sy maat se ma sê as hy nie ophou om so baie aan sy p**letjie te vat nie, gaan dit afval. Sommerso, aan etenstafel, blaker my boetie dit uit. My pa het in sy afvalsous verstik en my ma het iets met haar vurk gedoen wat my boetie laat wip het van die skrik. Tot die aand nog kon ’n mens die rooi tandmerkie­s op sy handjie sien.

Uiteindeli­k het my boetie en sy matertjies almal “puntjies” gehad. En soms, net soms, sou ’n “pypie” dit verby my ma se wakker ore maak. Vir die res was die wêreld weer reg. Tot my ouma die ding oor aspersies sê. Dit was toe daar ’n reisende kunstenaar by ons op die dorp aangekom het, ene Gerrie Bosman. My pa besluit toe ons huis moet ’n regte prent kry en nooi die kunstenaar om skemeraand te kom wys wat hy het.

Ma bak dainty vleispaste­itjies en pak ’n bord uit met hardgekook­te eiers, kouevleise en duur, geblikte aspersies. Daar verklaar Ouma toe luid sy sit nie haar mond aan daardie bleek goed wat soos“bobbejaan peesters” ly knie.

Die porselein van Ma se voorkop kreukel. En toe vra my boetie as Ouma nie bobbejaanp­eesters wil hê nie, wil sy dan nie ’n eina-m**rsk*ntjie hê nie? Nou bars die porselein. “Boetie!” sê my pa. “Dis wat Mamma hulle genoem het toe sy hulle uit die oond uit haal!”

Gerrie Bosman het die saak gered: “Ék wil graag ’n oondmonste­rtjie hê!” het hy uitgeroep. En toe bied hy ’n gratis sonsonderg­ang by die prys van die blommende doringboom aan. Wat my pa met blye dank aanvaar en my ma mee koudgelei het.

Vandag sukkel my ma om woorde te onthou. Enige woorde. Gelukkig onthou die res van ons. En is eina-oondmonste­rtjies ’n standaard-familieger­eg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa