Tuis

Vra vir JJ

-

Schalk Burger van Klein-Brakrivier skryf Ek het baie las van rooispinne­kop. Ons boontjiera­nke is skaars 1,5 m hoog, dan is dit oortrek met die pes. Waar oorwinter hulle en waarmee kan ek spuit sodat die boontjies nog veilig is om te eet?

JJ antwoord Rooispinne­kop bly onder die blare van die plante en ook op die grond onder die plante. Sodra dit warm en droog is, floreer en vermenigvu­ldig hulle geweldig. Dis baie moeilik om daarteen te behandel terwyl die boontjies ryp word. Op jonger plante kan jy Milbeknock spuit; en wanneer die boontjies begin dra, kan jy die hele plant gereeld goed natspuit met water – dit behoort ook die infestasie te strem. Doen dit liefs soggens sodat die blare deur die dag kan uitdroog. >>

 ??  ?? Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.
Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa