Tuis

Wat’s nuut aan die dekorfront

Saamgestel deur Kim Arendse

-

WINKELS TOE

As jy hou van vintage-meubels vir jou huis en tuin, loer gerus in by die dekorwinke­l TAT by Koningin Victoriast­raat 9 op Stanford. Alles is so keurig uitgestal dat jy dadelik tuis sal voel! Skakel 072 671 6789 vir inligting.

Ons hou van

die blou lap uit St Leger & Viney se Sub Saharareek­s; die Maluti Indigo (146cm breed) en Pick Up Sticks Indigo (143cm breed) kos albei R596/m. Sien stleger.co.za.

Sagte kopies

Gee jou leefruimte nuwe lewe met Volpes se nuwe reeks strooikuss­ings (vanaf R199 stuk; 60 x 60cm). Dit kom in skakerings van pienk, blou en grys. Koop by volpes.co.za.

NUUT EN SKEPPEND!

BESIGHEID Clay Creations 56 WIE Debbi Radomsky WAAR Kaapstad HAAR WERK “As kind was kuns my gunsteling­tydverdryf, en het ek graag my hande vuilgemaak met klei,” vertel Debbi. “Maar later het ek voeling met my kreatiewe kant verloor toe ek jare lank in die finansiële sektor gewerk het.” ’n Paar jaar gelede het sy pottebakke­ry begin doen om haar kreatiwite­it opnuut aan te wakker. “Anders as in finansies, waar alles óf reg óf verkeerd is, is daar niks voorspelba­ars aan pottebakke­ry nie. En ek is mal daaroor!” Sien nog voorbeelde van haar werk by facebook.com/ claycreati­ons56.

WINKELS TOE

In Almal se Winkel Antiques & Decor Furniture op Bethlehem in die Vrystaat kry jy ’n heerlike verskeiden­heid leerproduk­te, antieke meubels en losstaande kombuiskas­te. Hoewel hulle ’n winkel by Hospitaalw­eg 8 het, vind die meeste transaksie­s aanlyn plaas via hul gewilde Facebook-groep; hulle lewer landwyd af. Vind meer uit by facebook.com/ almalsewin­kelantique­s.

 ??  ??
 ??  ?? Almal se Winkel Antiques & Decor Furniture
Almal se Winkel Antiques & Decor Furniture
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa