Tuis

Skryf nou in vir 2018 se Regruk met Flair-kompetisie!

Met ’n dekade se bobaas-opknappe om te vier, gaan 2018 se kompetisie groter as ooit wees!

-

Toe ons in 2009 die eerste Regruk met Flair-kompetisie aanbied, het ons nooit kon dink dit sou so ’n groot tentoonste­lling van opknap-talent word as wat dit vandag is nie.

Nou is dit tyd vir die 10de aflewering van dié gewilde kompetisie. En ons wag vir jou inskrywing!

Vanjaar open die inskrywing­s vroeg; aangesien ons meer as dubbel die prysgeld in koopbewyse weggee, wil ons so gou moontlik wegspring.

Wie ook al as Opknapper van die Jaar vir 2018 aangewys word, stap weg met meer as R100 000 se bewyse van BUCO en Timbercity. Onthou, inskrywing­s sluit 31 Mei 2018 – maak seker joune bereik ons betyds!

WAT KAN JY INSKRYF?

Geen projek is te groot of te klein nie; jy kan enigiets inskryf – van ’n hele huis tot net een vertrek! Solank jy, die huiseienaa­r, 50% van die werk self gedoen het. SKRYF SO IN Dis maklik! Besoek fixit.tuis.co.za en volg die aanwysings. Vanjaar het ons ’n aparte kolom bygevoeg waar huiseienaa­rs kan aandui wat hulle self gedoen het en wat kontrakteu­rs gedoen het sodat die beoordelin­gsproses gladder kan verloop.

DIE PRYSE

WENNER R100 000-produkbewy­s! 2de & 3de PLEK R4 000 se produkbewy­s elk

4de & 5de PLEK R3 000 se produkbewy­s elk TOP-10 FINALISTE R3 000 se produkbewy­s elk

 ??  ?? Jacques Müller en Justin Duckitt Nieu-Bethesda 2017-wenners
Jacques Müller en Justin Duckitt Nieu-Bethesda 2017-wenners
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa