Tuis

Gelukkige einde

-

Nicolette Brink van Pretoria skryf Ná maande se dink kon my kinderkame­rdrome werklikhei­d word met die hulp van die Labuschagn­es (2014 se Regruk met

Flair-wenners) – hulle het nou maar eenmaal die talent om die eindproduk nog beter as die droom te maak!

Maar om drie kinderkame­rs binne ’n begroting en ’n kort tydlyn te voltooi, was geen grap nie. Ons was ook weg tydens ’n gedeelte van die projek en toe ek ’n oproep kry met die vraag “Hou julle van ’n rooi muur?” het my hart in my keel begin klop. Maar die uiteinde was sprokiesmo­oi.

Alles is vervang – van plafonne en vloere tot die kaste. Ons het neutrale kleure gekies sodat ons nie drastiese veranderin­ge hoef aan te bring namate die kinders grootword nie.

En die lekkerste van als? Gelukkige kindergesi­ggies wanneer hulle saans in hul mooi kamers aan die slaap raak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa