Tuis

Daar’s water!

-

Carin de Jager van Roodepoort skryf Ons is gereelde Tuis-lesers, want dis ’n groot bron van inspirasie. Nadat ons ’n buitestort in die Desember-uitgawe gesien het, het my man, Gerrie, besluit om sy hand te waag aan ’n buitestort op ons eie werf. Hy het ou merantideu­rrame uitmekaarg­ehaal en die planke geskaaf, geskuur en aanmekaarg­elym; dit bedek nou die waterpype wat in die muur ingebed is. Vir die vloer het hy paletplank­e gebruik en dit met merantibei­ts geverf. Die muur aan die regterkant is ook met paletplank­e beklee.

Ons is vreeslik in ons skik met die resultaat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa