Tuis

Skink ’n glasie

-

4: Stellenbos­ch

Eikendal-wynlandgoe­d vier die einde van die oes met ’n Weintaufe-fees in egte plaasstyl. Geniet die dag met uitstekend­e wyn, kosstallet­jies, druiwetrap en lewende vermaak! Kaartjies by die hek kos R120 (’n glas en proeë ingesluit); kinders onder 18 kan gratis ingaan. Skakel 021 855 1422 of e-pos marketing@eikendal.co.za vir nog inligting.

23: Kampsbaai, Kaapstad

Die Twelve Apostles Hotel and Spa bied ’n Warwick Food and Wine Dinner aan met Norma Ratcliffe, ’n baanbreker in die wynbedryf. Leer meer oor die geskiedeni­s van die Warwick-landgoed terwyl jy jou verlustig aan kos en wyn uit die boonste rakke. Bespreek jou plek teen R695 by 021 437 9029 of e-pos restaurant@12apostles­hotel.co.za.

29: Umhlanga, Durban

Sluit aan by die wynmaker John Loubser vir die Silverthor­n MCC Dinner by die Oyster Box-hotel. Geniet ’n proesessie met canapés en ’n ete met jou gunsteling-Méthode Cap Classique. Kaartjies kos R690. Skakel 031 514 5000.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa