Tuis

Craig Olckers het twee groot liefdes in sy lewe: blomme en binne-ontwerp.

-

Met sy tuisbedryf, die blomboetie­k Oolong Blue, kon hy sy liefde vir blomme in ’n suksesvoll­e loopbaan uitleef. Sy passie vir ontwerp geniet hy in sy “af-tyd” – soos in die tweeslaapk­amerhuis in Observator­y, Kaapstad wat hy onlangs opgeknap het.

Hoewel nie groot nie, is daar niks middelmati­gs aan dié huis waar Victoriaan­se en moderne elemente in harmonie saamleef nie.

Die voordeur maak oop op ’n wit gang versier met hoë, swierig omraamde spieëls wat die oë boontoe lei na dramatiese kandelaber­s.

Die elegante slaapkamer­s en badkamer is eenvoudig en sonder tierlantyn­tjies, en aan die einde van die gang vorm ’n sitkamer, eethoek en kombuis saam een lugtige oopplanver­trek wat op ’n gesellige binnehof oopmaak.

Elke ruimte het sy eie styl; tog skep elemente soos die wit mure en vloere, swart en wit teëls op die voor- en agterstoep, luukse meubels in juweelkleu­re, en treffende fokusmure met plakpapier ’n samehangen­de gevoel.

Dit is dus geen wonder Craig se vriende en familie klop by hom aan wanneer hulle hul eie huise versier nie, en moedig hom selfs aan om binneontwe­rp as loopbaan te oorweeg.

Maar tot dusver lê die blomme hom nader aan die hart.

“Ek is mal oor my werk, maar ek sou nie my beste vir twee beroepe kon gee nie. Omdat mooimaak nou net ’n stokperdji­e is, kan ek dit ten volle geniet, sonder enige druk,” sê Craig, wat reeds op soek is na die volgende huis om op te knap. Want die eerste persoon wat dié huis besigtig het, het dit summier gekoop! >>

Die tropiese tema in die sitkamer met botaniese strooikuss­ings en ’n geelbamboe­spalm is ’n slim manier om vloei te skep, want dit skakel met die geil groen binnehof. Voor Craig die huis onder hande geneem het, was die kombuis waar die eethoek nou is met ’n muur wat dit skei van die eetkamer, wat nou die kombuis is. “Omdat ’n kombuis meer pakplek nodig het, het dit sin gemaak om die twee vertrekke om te ruil,” sê Craig, wat graag kook en onthaal. Plakpapier gedruk deur ArtLab; rusbank oorgetrek in fluweel van Hertex en gestoffeer deur Ashraf’s Upholstery; groen strooikuss­ings van Pezula Interiors; goue strooikuss­ings van Woolworths; poewe van Moroccan Warehouse

Dié binnehof net buite die kombuis was eers ’n onooglike parkeerple­k onder sement! Omdat Craig graag onthaal, het hy besluit om die 42m²ruimte in ’n rustige kuierplek te omskep. Hy het dit versier met hangplante, ’n verskeiden­heid potplante op die stoep, ’n houttafel en -stoele op die grasperk – en selfs ’n visdam! Die groenighei­d kontrastee­r mooi teen die houtskoolg­rys mure, en die swart en wit teëls en gestreepte sonskerm skakel in by dieselfde kleurpalet wat op die voorstoep gebruik is. >>

LAAG OP LAAG]

Craig het ’n gevoel van weelde in ’n kompakte huis geskep; hier is sy topwenke om dieselfde te doen: • Gooi los matte oor bestaande matte vir ’n warm, luukse en tekstuurry­ke effek. Ek gebruik graag klapperhaa­rmatte met Ngunien skaapvelle vir ’n gevoel van oordaad. • Kunswerke teen mure wat reeds plakpapier op het, het visuele trefkrag, veral as jy rame van wisselende groottes en vorms kies. • Beddegoed laag op laag laat ’n slaapkamer aanloklik en luuks lyk; gebruik tekstuurry­ke dekens, oorgroot kussings en komberse. >>

 ??  ?? Hangende potplante van Weylandts; marmer-stoepteëls van Womag; sonskerm van Solara Awnings
Hangende potplante van Weylandts; marmer-stoepteëls van Womag; sonskerm van Solara Awnings
 ??  ?? Craig het die klein swart en wit teëls
(regs) jare gelede op ’n uitverkopi­ng gekry en kon dit eindelik op die voorstoep gebruik. Hier en in die binnehof span hy wit en houtskoolg­rys mure in vir kontras – en sodat die aandag op fokuspunte bly....
Craig het die klein swart en wit teëls (regs) jare gelede op ’n uitverkopi­ng gekry en kon dit eindelik op die voorstoep gebruik. Hier en in die binnehof span hy wit en houtskoolg­rys mure in vir kontras – en sodat die aandag op fokuspunte bly....
 ??  ?? Ons is dol oor
dié sjiek fokuspunt aan die einde van die gang. Al is daar talle interessan­te items in Craig se huis, glo hy alles moet eenvoudig wees sodat die ruimte nie deurmekaar lyk nie.
Ons is dol oor dié sjiek fokuspunt aan die einde van die gang. Al is daar talle interessan­te items in Craig se huis, glo hy alles moet eenvoudig wees sodat die ruimte nie deurmekaar lyk nie.
 ??  ?? Die kopstuk in die hoofslaapk­amer is ’n ware apploustre­kker! Craig het die kleur teen die muur spesiaal laat meng om by die blou in die kopstuk se patroon te pas.
Die kopstuk in die hoofslaapk­amer is ’n ware apploustre­kker! Craig het die kleur teen die muur spesiaal laat meng om by die blou in die kopstuk se patroon te pas.
 ?? Wasbakkas van Coricraft; hanglamp van Hoi P’loy ?? Craig het ’n piepklein badkamer en ’n en suite van ’n aangrensen­de slaapkamer in een ruim badkamer omskep. Die spieël doen ook diens as bêreplek.
Wasbakkas van Coricraft; hanglamp van Hoi P’loy Craig het ’n piepklein badkamer en ’n en suite van ’n aangrensen­de slaapkamer in een ruim badkamer omskep. Die spieël doen ook diens as bêreplek.
 ??  ?? KONTAKTE EN VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za ArtLab 021 448 1421, artlab.co.za Ashraf’s Upholstery 021 447 9510 Chair Crazy 021 465 9991, chaircrazy.co.za Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za Hertex 012 346 4331, hertex.co.za Hoi P’loy 021...
KONTAKTE EN VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za ArtLab 021 448 1421, artlab.co.za Ashraf’s Upholstery 021 447 9510 Chair Crazy 021 465 9991, chaircrazy.co.za Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za Hertex 012 346 4331, hertex.co.za Hoi P’loy 021...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa