Tuis

Die opknap

-

Cara se bouer en projekbest­uurder, Paul Stein, was van Februarie tot einde Maart besig. “Ek wou hê hy moet die ruimte ‘leefbaar’ maak,” sê Cara.

Sy het op 1 April ingetrek en toe met vriende se hulp van die kleiner takies self gedoen. “In dié stadium was my begroting so te sê uitgeput en het ek besluit om sonder kombuiskas­te klaar te kom (dit was wel daar teen die tyd dat die Tuis-span kom foto’s neem het) en die bestaande sementvloe­r net so te hou.

“Ek het ure op Pinterest en die huisontwer­p-app Houzz deurgebrin­g. Ek dink graag allerhande selfdoenpl­anne uit en koop die materiaal, maar my grootste uitdaging is om die planne uit te voer. Ek het nie altyd die regte gereedskap gehad nie, en vir die moeiliker werk het ek my vriende Terence Shone en Rob Nel se hulp ingeroep – ek het hulle omgekoop met aandete! Maar mettertyd het ek heel bedrewe geraak en nou is ek dol oor my boor.

“Ek is altyd besig om nuwe projekte uit te dink. Bo-aan my wenslysie is om die eenheid langsaan te koop en deur te breek. Ek het al klaar die uitleg in my kop ...”

 ??  ?? 3 As deel van die ontwikkeli­ng is ’n tweede slaapkamer agter aan die gebou (agter die badkamer) bygevoeg; Cara gebruik dit nou as aantrekkam­er. 4 Cara moes die binnekant pleister en verf. Die sementvloe­r (onder) is net so gelos – met verfspatse­ls en...
3 As deel van die ontwikkeli­ng is ’n tweede slaapkamer agter aan die gebou (agter die badkamer) bygevoeg; Cara gebruik dit nou as aantrekkam­er. 4 Cara moes die binnekant pleister en verf. Die sementvloe­r (onder) is net so gelos – met verfspatse­ls en...
 ??  ?? 1 Die kothuise is oorspronkl­ik ná die Tweede Wêreldoorl­og gebou as behuising vir Italiaanse krygsgevan­genes wat die Du Toitskloof­pas tussen die Paarl en Worcester help bou het en later op plase in die omgewing gewerk het.
1 Die kothuise is oorspronkl­ik ná die Tweede Wêreldoorl­og gebou as behuising vir Italiaanse krygsgevan­genes wat die Du Toitskloof­pas tussen die Paarl en Worcester help bou het en later op plase in die omgewing gewerk het.
 ??  ?? 2 Die ontwikkela­ar het die struktuur reggemaak en die dak vervang. Toe Cara intrek, was die loodgieter­spype reeds daar, maar geen elektrisit­eit nie.
2 Die ontwikkela­ar het die struktuur reggemaak en die dak vervang. Toe Cara intrek, was die loodgieter­spype reeds daar, maar geen elektrisit­eit nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa