Tuis

CARA SE GELDSPAARW­ENKE

-

• Hou jou begroting fyn dop en voeg 10% by elke kwotasie. Dis maklik om te vergeet van dinge soos elektrisit­eit, kragopwekk­ers of ’n huurtoilet. Sit ook geld weg vir onbeplande veranderin­ge of verrassing­s. • Moenie vergeet van kleiner ysterware-kopies tussendeur nie – dit hol gou weg met ’n mens! • Tref ’n balans in jou begroting tussen noodsaakli­khede en luukshede. Onverwagte uitgawes sal jou dwing om na te dink oor wat nou moet gebeur en wat eers kan wag. • Kies tydlose afwerkings vir areas wat die eiendom se waarde verhoog, soos die badkamers. • Goeie sekuriteit voeg waarde toe en skep gemoedsrus. • As jy tonne idees het, verfyn hulle en gebruik net die bestes. Anders kan jou dekor en afwerkings “oordoen” lyk as gevolg van te veel botsende elemente. Ek het koper-elemente in elke vertrek gebruik vir eenvormigh­eid.

 ??  ?? Cara het besluit op groot teëls wat lig weerkaats om die badkamer ruimer te laat voel. “My groot aankoop was die stortkop; dit het meer gekos as wat ek eintlik wou bestee, maar dit was vir my net te mooi.” Die sementblad op die wasbakkas is net soos...
Cara het besluit op groot teëls wat lig weerkaats om die badkamer ruimer te laat voel. “My groot aankoop was die stortkop; dit het meer gekos as wat ek eintlik wou bestee, maar dit was vir my net te mooi.” Die sementblad op die wasbakkas is net soos...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa